Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Ek het visioene van God begin sien”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • 15. Wat het Esegiël gesê oor die struktuur en grootte van die wiele?

      15 Esegiël was verstom deur die massiewe wiele. Hy het geskryf: “Die wiele was ontsagwekkend hoog.” Ons kan ons verbeel hoe Esegiël agteroor buig om na die reusagtige, gloeiende wiele te kyk wat tot hoog in die lug gestrek het. En hy het hierdie interessante detail bygevoeg: “Die buitenste rande van al vier wiele was reg rondom vol oë.” Maar wat hom dalk die meeste gefassineer het, was die ongewone struktuur van die wiele. Hy het verduidelik: “Elke wiel was so gemaak dat dit gelyk het asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel is.” Wat het dit beteken?

  • “Ek het visioene van God begin sien”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • 17 Wiele wat so verskriklik hoog is, sou met net ’n enkele draai oor ’n groot afstand kon beweeg. Om die waarheid te sê, die visioen gee selfs die indruk dat die voertuig teen die spoed van weerlig beweeg het! (Eseg. 1:14). En die ongewone wiele kon maklik en vinnig in enige rigting beweeg, iets waarvan ingenieurs vandag maar net kan droom. Hierdie voertuig kon van rigting verander sonder om stadiger te beweeg of selfs te draai! En die voertuig weet presies waarheen dit op pad is. Die oë op die buitenste rande dui baie duidelik aan dat hierdie voertuig heeltemal bewus is van alles wat rondom dit gebeur, in alle rigtings.

      Die vier massiewe wiele van Jehovah se hemelse strydwa.

      Die wiele was verskriklik hoog en het verskriklik vinnig beweeg (Sien paragraaf 17)

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel