Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2016 | Maart
    • Eerstens het Esegiël gesien dat die bene “baie droog” is (Esegiël 37:2, 11). Dit beteken dat die mense al baie lank dood was. Tweedens het Esegiël gesien dat die dooies geleidelik weer lewend geword het, nie skielik nie. Hy het “’n geluid [gehoor], . . . ’n geratel, en die bene het begin nader kom, elke been na sy been”. Toe het hy gesien hoe ‘senings en vlees op hulle kom’. Daarna is die vlees met vel bedek. Uiteindelik het ‘asem in hulle gekom, en hulle het lewend geword’. Laastens, nadat hulle lewend geword het, het Jehovah hulle weer in hulle land laat woon. Dit alles sou tyd neem.—Esegiël 37:7-10, 14.

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2016 | Maart
    • Toe, teen die einde van die 1800’s, was dit asof vlees en vel die bene begin bedek het. Charles Taze Russell en sy vriende het hard gewerk om Bybelwaarheid te vind en Jehovah te dien. Hulle het ook ander gehelp om die waarheid te verstaan met behulp van Zion’s Watch Tower en ander publikasies. In 1914 het die “Fotodrama van die Skepping” Jehovah se volk gehelp om hulle geloof te versterk, en in 1917 het die boek The Finished Mystery hulle gehelp. In 1919 was dit asof sy volk uiteindelik lewe en ’n nuwe land ontvang het. Sedertdien het diegene wat die hoop het om vir ewig op die aarde te lewe, by die gesalfdes aangesluit. Hulle almal aanbid Jehovah, en hulle het saam “’n baie, baie groot krygsmag”, of leër, geword.—Esegiël 37:10; Sagaria 8:20-23.b—Sien voetnoot.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel