Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Julle sal lewend word”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • 9. Hoe kan die dinge wat met “die Israel van God” gebeur het, vergelyk word met wat die Israeliete ondervind het?

      9 Die herstellingsprofesieë oor Israel, soos dié wat Esegiël vertel het, het ’n groter vervulling (Hand. 3:21). Die nasie Israel was “doodgemaak” en was vir ’n lang tyd in ’n simboliese sin dood. Net so was “die Israel van God”, die gemeente van gesalfde Christene, in ’n simboliese sin doodgemaak, en hulle was vir ’n lang tyd in geestelike gevangenskap (Gal. 6:16). Om die waarheid te sê, die gevangenskap van die gemeente van gesalfdes het so lank aangehou dat hulle geestelike toestand vergelyk kon word met beendere wat “baie droog” was (Eseg. 37:2). Soos die vorige hoofstuk verduidelik het, het die gevangenskap van die gemeente van gesalfde Christene in die tweede eeu HJ begin, en dit het honderde jare lank aangehou, net soos Jesus se illustrasie van die koring en die onkruid gewys het. – Matt. 13:24-30.    

      Esegiël kyk na ’n vallei vol droë beendere.

      Die ‘baie droë’ beendere wat Esegiël in ’n visioen gesien het, het gewys dat Jehovah se gesalfdes vir ’n baie lang tyd in geestelike gevangenskap sou wees (Sien paragraaf 8, 9)

  • “Julle sal lewend word”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • a Die beendere wat Esegiël in ’n visioen gesien het, was nie die beendere van mense wat van natuurlike oorsake doodgegaan het nie, maar die beendere van “mense wat doodgemaak is” (Eseg. 37:9). “Die hele huis van Israel” was in ’n simboliese sin doodgemaak toe die mense van die tienstammeryk van Israel en die mense van die tweestammeryk van Juda deur die Assiriërs en die Babiloniërs oorwin en gevangene geneem is.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel