-
“Julle sal lewend word”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
“Ons het almal uitgedroogde beendere geword, en ons hoop het verdwyn”
6. Wat het Jehovah gesê wat Esegiël gehelp het om die visioen te verstaan?
6 Toe het Jehovah vir Esegiël gesê wat die visioen beteken. Hy het gesê: “Hierdie beendere is die hele huis van Israel.” Nadat die gevangenes gehoor het dat Jerusalem vernietig was, het dit vir hulle gevoel asof hulle dood was. Daarom het hulle gesê: “Ons het almal uitgedroogde beendere geword, en ons hoop het verdwyn. Ons is heeltemal afgesny” (Eseg. 37:11; Jer. 34:20). Toe het Jehovah dit duidelik gemaak dat die visioen van die beendere eintlik vir die Israeliete ’n boodskap vol hoop was.
-
-
“Julle sal lewend word”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
8. (a) Hoe was “die hele huis van Israel” geestelik dood? (b) Hoe wys Esegiël 37:9 wat die oorsaak van Israel se simboliese dood was? (Sien voetnoot.)
8 Hoe het die eerste gedeelte van hierdie profetiese visioen in die geval van die eertydse nasie Israel waar geword? Israel se simboliese ondergang het alreeds in 740 VHJ begin toe die tienstammeryk geval het en die mense in gevangenskap geneem is. Ongeveer 130 jaar later, toe die mense van Juda ook gevange geneem is, was “die hele huis van Israel” in gevangenskap (Eseg. 37:11). Die hele groep gevangenes was toe in ’n simboliese sin so dood soos die beendere in Esegiël se visioen.a Onthou ook dat Esegiël nie net beendere gesien het nie, maar beendere wat “baie droog” was, wat gewys het dat hulle vir ’n lang tyd geestelik dood was. En dit was so, want die gevangenskap van Israel en Juda was saam meer as 200 jaar lank, vanaf 740 tot 537 VHJ. – Jer. 50:33.
-
-
“Julle sal lewend word”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
a Die beendere wat Esegiël in ’n visioen gesien het, was nie die beendere van mense wat van natuurlike oorsake doodgegaan het nie, maar die beendere van “mense wat doodgemaak is” (Eseg. 37:9). “Die hele huis van Israel” was in ’n simboliese sin doodgemaak toe die mense van die tienstammeryk van Israel en die mense van die tweestammeryk van Juda deur die Assiriërs en die Babiloniërs oorwin en gevangene geneem is.
-