-
“Ek sal hulle een nasie . . . maak”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
4. Wat het Esegiël se uitbeelding met die twee stokke gewys? (Sien prent aan begin van hoofstuk.)
4 Jehovah het ook vir Esegiël gesê om die twee stokke teen mekaar te hou “sodat hulle net een stok . . . word”. Die gevangenes was bekommerd, en hulle het vir Esegiël gevra: “Gaan jy nie vir ons sê wat hierdie dinge beteken nie?” Hy het vir hulle gesê dat hy besig was om uit te beeld wat Jehovah self sou doen. Jehovah het die volgende oor die twee stokke gesê: “Ek sal hulle een stok maak, en hulle sal een in my hand word.” – Eseg. 37:17-19.
5. Wat beteken Esegiël se uitbeelding? (Sien die venster “Die twee stokke word een”.)
5 Daarna het Jehovah verduidelik wat die uitbeelding van die twee stokke beteken. (Lees Esegiël 37:21, 22.) Gevangenes uit die tweestammeryk van Juda en gevangenes uit die tienstammeryk van Israel (dit wil sê Efraim) sou na die land van Israel gebring word, waar hulle “een nasie” sou word. – Jer. 30:1-3; 31:2-9; 33:7.
-
-
Die twee stokke word eenRein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
“hulle [sal] een stok in jou hand word”
IN DIE OU TYD
537 VHJ Ware aanbidders uit die nasies gaan terug om Jerusalem te herbou, en hulle aanbid Jehovah as een nasie.
MODERNE TYE
Vanaf 1919 word God se volk geleidelik weer georganiseer en as “een kudde” verenig.
-