-
“Ek sal hulle een nasie . . . maak”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
5. Wat beteken Esegiël se uitbeelding? (Sien die venster “Die twee stokke word een”.)
5 Daarna het Jehovah verduidelik wat die uitbeelding van die twee stokke beteken. (Lees Esegiël 37:21, 22.) Gevangenes uit die tweestammeryk van Juda en gevangenes uit die tienstammeryk van Israel (dit wil sê Efraim) sou na die land van Israel gebring word, waar hulle “een nasie” sou word. – Jer. 30:1-3; 31:2-9; 33:7.
-
-
“Ek sal hulle een nasie . . . maak”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
7. Hoe bevestig 1 Kronieke 9:2, 3 dat ‘alles vir God moontlik is’?
7 Vanuit ’n menslike oogpunt het dit heeltemal onmoontlik gelyk dat die gevangenes bevry en verenig sou word.a Maar “vir God is alles moontlik” (Matt. 19:26). Jehovah het sy profesie laat waar word. Die gevangenskap in Babilon het in 537 VHJ geëindig, en daarna het mense uit die tweestammeryk en mense uit die tienstammeryk in Jerusalem aangekom om te help om ware aanbidding te herstel. Die Bybel bevestig dit, want dit sê: “Party van die nakomelinge van Juda, Benjamin, Efraim en Manasse het in Jerusalem gaan woon” (1 Kron. 9:2, 3; Esra 6:17). Ja, net soos Jehovah voorspel het, is mense van die tienstammeryk van Israel verenig met mense van die tweestammeryk van Juda.
8. (a) Wat het Jesaja geprofeteer? (b) Watter twee belangrike dinge staan in Esegiël 37:21 uit?
8 Ongeveer 200 jaar vroeër het die profeet Jesaja voorspel wat ná die gevangenskap met Israel en Juda sou gebeur. Hy het voorspel dat Jehovah sou begin om “dié van Israel wat verstrooi is,” bymekaar te maak, en Jehovah sou “dié van Juda wat verstrooi is, uit die uithoeke van die aarde bymekaarmaak”, insluitende dié van “Assirië” (Jes. 11:12, 13, 16). En soos Jehovah voorspel het, het hy “die Israeliete uit die nasies” gebring (Eseg. 37:21). Daar is twee belangrike dinge wat hier uitstaan: Nou verwys Jehovah nie meer na die gevangenes as “Juda” en “Efraim” nie, maar hy noem hulle “die Israeliete” – een groep. En daar word gesê dat die Israeliete nie net uit een nasie, Babilon, kom nie, maar uit verskillende nasies – “uit alle rigtings”.
-