Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Ek is teen jou, o Gog”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • “Die land” – Wat is dit?

      11. Hoe beskryf Esegiël se profesie “die land” wat Gog sal binneval?

      11 Ons het in paragraaf 3 geleer dat Gog van Magog Jehovah woedend sal maak deur ’n land binne te val wat kosbaar is vir Jehovah. Watter land is dit? (Lees Esegiël 38:8-12.) Esegiël se profesie sê dat Gog ‘die land sal binneval van die mense wat herstel is’ en “wat uit die nasies bymekaargemaak is”. Kyk ook na wat dit sê oor die herstelde aanbidders wat in hierdie land woon: Hulle “woon in veiligheid”, hulle dorpies word “nie deur mure, grendels of poorte beskerm” nie en hulle ‘versamel rykdom’. Dit is die land waarin Jehovah se rein aanbidders regoor die aarde woon. Hoe kan ons uitvind wat hierdie land is?

      12. Watter herstelling het in Bybeltye in die land van Israel gebeur?

      12 Dit sal goed wees as ons kyk na die herstelling wat in eertydse Israel gebeur het, die land waar God se volk honderde jare lank gewoon, gewerk en aanbid het. Toe die Israeliete ongehoorsaam was, het Jehovah deur Esegiël voorspel dat hulle land verwoes sou word en verlate sou wees (Eseg. 33:27-29). Maar Jehovah het ook voorspel dat ’n groep berouvolle Israeliete later uit Babilon na hulle tuisland sou teruggaan en rein aanbidding daar sou herstel. Jehovah sou die land van Israel seën, en dit sou “soos die tuin van Eden” floreer (Eseg. 36:34-36). Daardie herstelling het in 537 VHJ begin toe die Joodse gevangenes teruggegaan het na Jerusalem om ware aanbidding daar te herstel.

      13, 14. (a) Wat is die geestelike land? (b) Hoekom is hierdie land kosbaar vir Jehovah?

      13 In ons tyd is God se rein aanbidders op dieselfde soort manier herstel. Soos ons in Hoofstuk 9 van hierdie boek geleer het, is God se volk teen 1919 bevry uit die lang gevangenskap in Babilon die Grote. In daardie jaar het Jehovah sy herstelde aanbidders na ’n geestelike land gebring. Daardie land is die geestelike paradys – die veilige, ryk geestelike omgewing, of toestand, waarin ons die ware God aanbid. In hierdie land woon ons saam in veiligheid en sonder enige bekommernis (Spr. 1:33). Ons ontvang oorgenoeg geestelike voedsel, en ons geniet die werk om God se Koninkryk te verkondig. Ons ondervind beslis dat die volgende woorde waar is: “Dit is die seën van Jehovah wat ’n mens ryk maak, en Hy voeg geen pyn daarby nie” (Spr. 10:22). Dit maak nie saak waar ons op hierdie aarde woon nie, ons is in hierdie land – die geestelike paradys – solank ons rein aanbidding heeltemal ondersteun.

      14 Hierdie geestelike land is kosbaar vir Jehovah. Hoekom? Vir hom is die mense wat daar woon “die kosbare dinge van al die nasies”, wat hy na rein aanbidding getrek het (Hag. 2:7; Joh. 6:44). Hulle doen hulle bes om ’n nuwe persoonlikheid aan te trek wat God se pragtige eienskappe weerspieël (Ef. 4:23, 24; 5:1, 2). As rein aanbidders doen hulle hulle bes in sy diens, en hulle doen dit op ’n manier wat God eer en wys dat hulle lief is vir hom (Rom. 12:1, 2; 1 Joh. 5:3). Ons kan net dink hoe bly dit Jehovah se hart moet maak wanneer hy sien hoe sy aanbidders hard werk om die geestelike land mooi te maak. Dink net: As jy rein aanbidding eerste in jou lewe stel, maak jy nie net die geestelike paradys mooi nie, maar jy maak ook Jehovah se hart bly! – Spr. 27:11.

      Collage: Aanbidders van Jehovah. 1. Broers en susters assosieer by ’n Koninkryksaal. 2. Broers en susters werk saam by ’n Koninkryksaal. 3. ’n Broer wat in die tronk is, bid. 4. ’n Paartjie besoek ’n suster wat baie siek is in die hospitaal.

      Dit maak nie saak waar ons woon nie, ons is in die geestelike land solank ons ons bes doen om rein aanbidding te bevorder (Sien paragraaf 13, 14)

  • “Ek is teen jou, o Gog”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • 16 Wanneer sal Gog van Magog ons herstelde geestelike land binneval? Die profesie sê: “Aan die einde van die jare sal jy die land binneval” (Eseg. 38:8). Dit wys dat hierdie aanval sal gebeur wanneer die einde van hierdie wêreld naby is. Onthou dat die groot verdrukking sal begin wanneer Babilon die Grote, die wêreldryk van valse godsdiens, vernietig word. Nadat valse godsdiens vernietig is en voordat Armageddon begin, sal Gog ware aanbidders vir die laaste keer aanval en sy bes probeer om hulle te vernietig.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel