-
“Ek is teen jou, o Gog”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
19. Wat sal Gog motiveer om ons van ons rein aanbidding te probeer beroof?
19 Gog se slegte motiewe. Die nasies haat rein aanbidders al jare lank en sal “’n goddelose plan uitdink”. Hulle sal wil wys hoe woedend hulle vir Jehovah se aanbidders is. Dit sal lyk asof Jehovah se aanbidders maklik aangeval kan word, asof hulle “in dorpies [woon] wat nie deur mure, grendels of poorte beskerm word nie”. Die nasies sal ook dié “wat rykdom . . . versamel,” van “hulle besittings [wil] beroof” (Eseg. 38:10-12). Watter “rykdom”? Jehovah se aanbidders is geestelik baie ryk. Ons kosbaarste besitting is ons rein aanbidding, wat ons aan Jehovah alleen gee. Die nasies wil ons van ons rein aanbidding beroof, nie omdat dit vir hulle kosbaar is nie, maar omdat hulle dit en almal wat dit bevorder, haat.
Gog sal “’n goddelose plan uitdink” om rein aanbidding te probeer vernietig, maar hy sal dit nie regkry nie (Sien paragraaf 19)
-