-
Wie is “die lewende wesens met vier gesigte”?Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
15. Watter aanmoedigende waarheid het Esegiël in sy eerste visioen geleer?
15 In hierdie eerste visioen het Esegiël ’n baie belangrike en aanmoedigende waarheid geleer oor sy verhouding met Jehovah. Wat was dit? Ons vind dit in die eerste woorde van die profeet se boek. Nadat Esegiël gesê het dat hy “in die land van die Galdeërs” was, het hy oor sy eie ondervinding gepraat en gesê: “Die hand van Jehovah was daar op hom” (Eseg. 1:3). Let op dat Esegiël gesê het dat hy die visioen, nie in Jerusalem gekry het nie, maar daar – in Babilon.c So wat het Esegiël daaruit geleer? Die volgende: Al was hy ver van Jerusalem en die tempel, was hy nie ver van Jehovah en Sy aanbidding nie. Die feit dat Jehovah aan Esegiël in Babilon verskyn het, het gewys dat ons Jehovah rein aanbidding kan gee, maak nie saak waar ons is of wat ons situasie is nie. Wat saak gemaak het, was Esegiël se hartstoestand en sy begeerte om Jehovah te dien.
-
-
Wie is “die lewende wesens met vier gesigte”?Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
c Een Bybelgeleerde sê: “Die woord ‘daar’ is die beste woord om [Esegiël se] verbasing oor te dra . . . God is daar in Babilon! Hoe vertroostend!”
-