Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Uit die bek van leeus gered!
    Gee ag op Daniël se profesie!
    • 12. (a) Wat het Daniël gedoen toe hy van die nuwe wet gehoor het? (b) Wie het Daniël dopgehou, en waarom?

      12 Daniël het gou van die wetlike verbod op gebed gehoor. Hy het onmiddellik na sy huis gegaan en in sy bokamer ingegaan, waar die vensters in die rigting van Jerusalem oop was.b Daar het Daniël tot God begin bid “net soos hy tevore gedoen het”. Daniël het moontlik gedink dat hy alleen was, maar die samesweerders het hom dopgehou. Skielik het hulle “aangestorm” gekom, ongetwyfeld net so opgewonde as toe hulle Darius genader het. Hier het hulle dit nou met hulle eie oë gesien—Daniël het ‘gebid en voor sy God om genade gesmeek’ (Daniël 6:11, 12). Die ministers en landvoogde het nou al die bewyse gehad wat nodig was om Daniël voor die koning te beskuldig.

  • Uit die bek van leeus gered!
    Gee ag op Daniël se profesie!
    • b Die bokamer was ’n private kamer waarheen ’n mens kon gaan as jy nie gesteur wou word nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel