-
Daniël—’n Geloofwaardige boek van profesieëDie Wagtoring – 1986 | Oktober 1
-
-
Daniël het vertel: “Ek het in die nag in my gesig gesien . . . en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander. Die eerste was soos ’n leeu . . . En kyk, ’n ander dier, ’n tweede, het gelyk soos ’n beer . . . en kyk, daar was ’n ander een soos ’n luiperd . . . Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was ’n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk . . . Hierdie groot diere wat vier is—vier konings sal uit die aarde opstaan; en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.”—Daniël 7:2-18.
-
-
Daniël—’n Geloofwaardige boek van profesieëDie Wagtoring – 1986 | Oktober 1
-
-
Die vier diere van Daniël hoofstuk 7 simboliseer insgelyks vier wêreldmoondhede wat van Daniël se dag af opeenvolgend sou heers tot die tyd van die oprigting van God se Koninkryk. Daniël het die val van die Babiloniese Wêreldmoondheid (die leeu) asook die begin van sy opvolger, Medo-Persië (die beer), gesien. Daniël se langtermynprofesie het voorspel dat Medo-Persië voor Griekeland (die luiperd) sou val, wat weer deur “’n vierde dier”, die Romeinse Ryk en sy uitspruitsel, die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid, vervang sou word.b
-