Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die tyd van die Messias se koms geopenbaar
    Gee ag op Daniël se profesie!
    • 25 Hoewel sonde en die dood die mensdom steeds geteister het, het Jesus se dood en opstanding tot hemelse lewe profesieë vervul. Dit het ‘oortreding beëindig en aan sonde ’n einde gemaak en vir die dwaling versoening gedoen en regverdigheid ingebring’. God het die Wetsverbond, wat getoon het dat die Jode sondaars was en hulle veroordeel het, verwyder (Romeine 5:12, 19, 20; Galasiërs 3:13, 19; Efesiërs 2:15; Kolossense 2:13, 14). Nou kon die sondes van berouvolle sondaars gekanselleer word en die straf daarvoor opgehef word. Deur middel van die Messias se soenofferande was dit vir diegene wat geloof beoefen moontlik om met God versoen te word. Hulle kon daarna uitsien om God se gawe van “die ewige lewe deur Christus Jesus” te ontvang.—Romeine 3:21-26; 6:22, 23; 1 Johannes 2:1, 2.

  • Die tyd van die Messias se koms geopenbaar
    Gee ag op Daniël se profesie!
    • 27. Watter “Heilige der Heilige” is gesalf, en hoe?

      27 Die profesie het ook die salwing van “die Heilige der Heilige” voorspel. Dit verwys nie na ’n salwing van die Allerheiligste, of binneste afdeling, van die tempel in Jerusalem nie. Die uitdrukking “die Heilige der Heilige” verwys hier na die hemelse heiligdom van God. Daar het Jesus die waarde van sy menseoffer vir sy Vader aangebied. Die hemelse, geestelike werklikheid van wat afgebeeld is deur die Allerheiligste van die aardse tabernakel en later van die tempel, is deur daardie offer gesalf, of afgesonder.—Hebreërs 9:11, 12.

      DIE PROFESIE DEUR GOD BEKRAGTIG

      28. Wat het dit beteken dat daar ‘op visioen en profeet ’n seël gedruk is’?

      28 Die Messiaanse profesie wat deur die engel Gabriël uitgespreek is, het ook gesê dat dit ‘op visioen en profeet ’n seël sou druk’. Dit het beteken dat alles wat aangaande die Messias voorspel is—alles wat hy bereik het deur middel van sy offerande, opstanding en verskyning in die hemel, sowel as die ander dinge wat gedurende die 70ste week sou gebeur—met die seël van Goddelike goedkeuring verseël sou word, dat dit bewaarheid sou word en vertrou kon word. Die visioen sou verseël word, met ander woorde, dit sou tot die Messias beperk wees. Dit sou vervul word in hom en in God se werk wat hy gedoen het. Ons kan die korrekte uitlegging van die visioen alleenlik in verband met die voorspelde Messias kry. Niks anders kon sy betekenis openbaar nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel