Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Versterk deur ’n boodskapper van God
    Gee ag op Daniël se profesie!
    • 9, 10. (a) Waar was Daniël toe hy ’n visioen ontvang het? (b) Beskryf wat Daniël in die visioen gesien het.

      9 Daniël word nie teleurgestel nie. Hy vertel ons wat daarna gebeur en sê: “Terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit is die Hiddekel, het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek ’n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas” (Daniël 10:4, 5). Die Hiddekel was een van die vier riviere wat in die tuin van Eden ontspring het (Genesis 2:10-14). In Ou Persies het die Hiddekel bekend gestaan as die Tigra, waarvan die Griekse naam Tigris afgelei is. Die gebied tussen die Hiddekel en die Eufraat is Mesopotamië genoem, wat “land tussen riviere” beteken. Dit bevestig dat Daniël, toe hy hierdie visioen ontvang het, nog in die land Babilonië was, al was hy moontlik nie in die stad Babilon nie.

  • Versterk deur ’n boodskapper van God
    Gee ag op Daniël se profesie!
    • 12, 13. Wat leer ons omtrent die boodskapper as ons let op (a) sy kleredrag? (b) sy voorkoms?

      12 Kom ons beskou hierdie merkwaardige boodskapper wat Daniël so laat skrik het van naderby. Hy was “met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas”. In eertydse Israel was die hoëpriester se gordel, skouerkleed en borsstuk, sowel as die klere van die ander priesters, van fyn dubbeldraad-linne gemaak en met goud versier (Exodus 28:4-8; 39:27-29). Die boodskapper se kleredrag dui dus heiligheid en die waardigheid van sy posisie aan.

      13 Daniël was ook diep beïndruk deur die voorkoms van die boodskapper—die geskitter van sy juweelagtige liggaam, die verblindende glans van sy stralende gesig, die deurdringende krag van sy vurige oë en die glinstering van sy kragtige arms en voete. Selfs sy gebiedende stem was vreesinboesemend. Dit alles toon duidelik dat hy ’n bomenslike wese was. Hierdie “man met linne bekleed” was ’n baie belangrike engel, een wat in die heilige teenwoordigheid van Jehovah gedien het, waarvandaan hy met ’n boodskap uitgegaan het.a

  • Versterk deur ’n boodskapper van God
    Gee ag op Daniël se profesie!
    • a Hoewel die naam van hierdie engel nie verstrek word nie, is hy blykbaar dieselfde een wie se stem gehoor is toe hy aan Gabriël die opdrag gegee het om Daniël te help met ’n visioen wat hy kort tevore gesien het. (Vergelyk Daniël 8:2, 15, 16 met 12:7, 8.) Verder toon Daniël 10:13 dat Migael, “een van die vernaamste vorste,” gekom het om hierdie engel te help. Hierdie engel, wie se naam nie genoem word nie, moet dus die voorreg hê om ten nouste met Gabriël en Migael saam te werk.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel