-
Jehovah openbaar “wat binnekort moet plaasvind”Die Wagtoring — 2012 | Junie 15
-
-
7. Wat is die verband tussen die sewende kop van die wilde dier en die ontsaglike beeld?
7 Wat is die verband tussen die sewende kop van die wilde dier en die ontsaglike beeld? Brittanje—en by uitbreiding, die Verenigde State—het uit die Romeinse Ryk gespruit. Maar wat van die voete van die beeld? Dit word beskryf as ’n mengsel van yster en klei. (Lees Daniël 2:41-43.) Hierdie beskrywing stem ooreen met die tyd toe die sewende kop—die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid—prominent sou word. Net soos ’n voorwerp wat uit ’n mengsel van yster en klei bestaan, swakker is as soliede yster, is die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid swakker as die moondheid waaruit dit gespruit het. Hoe?
8, 9. (a) Hoe het die sewende wêreldmoondheid ysteragtige mag geopenbaar? (b) Wat stel die klei in die voete van die beeld voor?
8 Die sewende kop van die dier het soms ysteragtige eienskappe geopenbaar. Dit het byvoorbeeld bewys gelewer van sy mag deur die Eerste Wêreldoorlog te wen. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog kon die ysteragtige mag van die sewende kop ook duidelik gesien word.c Ná daardie oorlog het die sewende kop nog steeds van tyd tot tyd ysteragtige eienskappe geopenbaar. Maar die yster is reeds op ’n vroeë stadium met klei gemeng.
9 Jehovah se knegte streef al lank na ’n begrip van die simboliese betekenis van die voete van die beeld. Daniël 2:41 beskryf die mengsel van yster en klei as een “koninkryk”, nie baie koninkryke nie. Die klei stel dus elemente in die invloedsfeer van die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid voor, elemente wat dit swakker maak as die soliede yster van die Romeinse Ryk. Daar word na die klei verwys as “die nageslag van die mensdom”, of die gewone mense (Dan. 2:43). In die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid het mense opgestaan om hulle regte deur middel van veldtogte vir burgerlike regte, vakbonde en onafhanklikheidsbewegings te eis. Die gewone mense ondermyn die vermoë van die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid om met ysteragtige mag op te tree. Boonop het teenstrydige ideologieë en kop-aan-kop-verkiesingsuitslae die magsbasis van selfs gewilde leiers verswak, sodat hulle nie ’n duidelike mandaat het om hulle beleide te implementeer nie. Daniël het voorspel: “Die koninkryk sal deels sterk en deels bros wees.”—Dan. 2:42; 2 Tim. 3:1-3.
-
-
Jehovah openbaar “wat binnekort moet plaasvind”Die Wagtoring — 2012 | Junie 15
-
-
11 Het die aantal tone van die beeld spesiale betekenis? Dink hieraan: In ander visioene meld Daniël spesifieke getalle—byvoorbeeld die aantal horings op die koppe van verskeie diere. Hierdie getalle is betekenisvol. Maar wanneer Daniël die beeld beskryf, meld hy nie die aantal tone nie. Dit wil dus voorkom of die getal niks betekenisvoller is as die feit dat die beeld twee arms, hande, bene en voete en tien vingers het nie. Daniël meld wel spesifiek dat die tone van yster en klei sou wees. Uit sy beskrywing kan ons aflei dat die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid die oorheersende moondheid sal wees wanneer die “klip”, wat God se Koninkryk voorstel, die voete van die beeld tref.—Dan. 2:45.
-