-
Identifiseer die ware aanbidders in die tyd van die eindeGee ag op Daniël se profesie!
-
-
21. (a) Wanneer watter toestande teweeggebring is, sou die tydperk begin wat in Daniël 12:11 voorspel is? (b) Wat was “die voortdurende kenmerk”, en wanneer is dit verwyder? (Sien venster op bladsy 298.)
21 Daar is vir Daniël gesê: “Van die tyd af dat die voortdurende offer [“die voortdurende kenmerk”, NW] afgeskaf en die ontsettende gruwel [“die walglike ding wat verwoesting veroorsaak”, NW] opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop.” Hierdie tydperk sou dus begin wanneer sekere toestande teweeggebring is. “Die voortdurende kenmerk”—of “die voortdurende offer”a—moes verwyder word (Daniël 12:11). Watter offer het die engel bedoel? Nie die diereoffers wat by ’n aardse tempel geoffer is nie. Selfs die tempel wat vroeër in Jerusalem gestaan het, was ’n blote “kopie van die werklikheid”—Jehovah se groot geestelike tempel, wat in 29 G.J. in werking getree het toe Christus die Hoëpriester daarvan geword het! In hierdie geestelike tempel, wat God se reëling vir rein aanbidding afbeeld, is voortdurende sondoffers glad nie nodig nie, want “Christus [is] eens en vir altyd geoffer om die sondes van baie te dra” (Hebreërs 9:24-28). En tog bring alle ware Christene wel offerandes by hierdie tempel. Die apostel Paulus het geskryf: “Laat ons deur [Christus] altyd aan God ’n lofofferande bring, dit wil sê die vrug van die lippe wat sy naam in die openbaar bekend maak” (Hebreërs 13:15). Hierdie eerste toestand wat in die profesie genoem word—die verwydering van “die voortdurende kenmerk”—is dus in die middel van 1918 teweeggebring toe die predikingswerk omtrent heeltemal opgehou het.
22. (a) Wat is die verwoestende “walglike ding”, en wanneer het dit tot stand gekom? (b) Wanneer het die tydperk begin wat in Daniël 12:11 voorspel is, en wanneer het dit geëindig?
22 Maar wat van die tweede toestand—die ‘oprigting’ van “die walglike ding wat verwoesting veroorsaak”? Soos ons uit ons bespreking van Daniël 11:31 gesien het, was hierdie walglike ding eers die Volkebond en het dit later weer as die Verenigde Nasies te voorskyn gekom. Albei is walglik omdat hulle die enigste hoop vir vrede op aarde genoem is. Hierdie organisasies het dus in werklikheid die plek van God se Koninkryk in die harte van baie ingeneem! In Januarie 1919 is die Bond amptelik voorgestel. Toe het albei die toestande wat in Daniël 12:11 genoem word, geheers. Die 1 290 dae het dus vroeg in 1919 begin en het tot die herfs (Noordelike Halfrond) van 1922 voortgeduur.
23. Hoe het God se heiliges gedurende die 1 290 dae wat in Daniël hoofstuk 12 voorspel is tot ’n gereinigde posisie gevorder?
23 Het die heiliges gedurende daardie tyd nader daaraan gekom om in God se oë wit gemaak en gereinig te word? Beslis! In Maart 1919 is die president van die Wagtoringgenootskap en sy metgeselle uit die tronk vrygelaat. Later is hulle van die valse aanklagte teen hulle vrygespreek. Hulle het geweet dat hulle nog baie werk gehad het en het onmiddellik daarmee begin deur ’n byeenkoms in September 1919 te reël. In dieselfde jaar is ’n medetydskrif van The Watch Tower vir die eerste keer gepubliseer. Dit is oorspronklik The Golden Age genoem (nou Ontwaak!) en het nog altyd Die Wagtoring ondersteun deur die verdorwenheid van hierdie wêreld onbeskroomd bloot te lê en God se volk te help om rein te bly. Teen die einde van die voorspelde 1 290 dae het die heiliges goed gevorder om weer ’n gereinigde en herstelde posisie te geniet. In September 1922, naby die einde van hierdie tydperk, het hulle ’n baie belangrike byeenkoms in Cedar Point, Ohio, VSA, gehou. Dit het die predikingswerk groot momentum gegee. Dit was egter nodig om nog verdere vooruitgang te maak. Dit sou plaasvind gedurende die tydperk wat volgende genoem word.

[Venster op bladsy 298]
DIE VOORTDURENDE KENMERK WORD VERWYDER
In die boek Daniël kom die uitdrukking “voortdurende kenmerk” (NW) vyf keer voor. Dit verwys na ’n lofofferande—“die vrug van die lippe”—wat voortdurend deur knegte van Jehovah God aan hom gebring word (Hebreërs 13:15). In Daniël 8:11, 11:31 en 12:11 word daar voorspel dat dit verwyder sal word.
Gedurende albei wêreldoorloë het Jehovah se volk kwaai vervolging in die ryk van “die koning van die Noorde” en “die koning van die Suide” ondergaan (Daniël 11:14, 15). Die verwydering van “die voortdurende kenmerk” het naby die einde van die Eerste Wêreldoorlog plaasgevind toe die predikingswerk teen die middel van 1918 omtrent tot stilstand gekom het (Daniël 12:7). Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is “die voortdurende kenmerk” op soortgelyke wyse vir 2 300 dae lank deur die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid “weggeneem”. (Daniël 8:11-14, NW; sien Hoofstuk 10 van hierdie boek.) Nazi-“leërs” het dit ook vir ’n tydperk wat nie in die Skrif vermeld word nie, verwyder.—Daniël 11:31; sien Hoofstuk 15 van hierdie boek.
-
-
Identifiseer die ware aanbidders in die tyd van die eindeGee ag op Daniël se profesie!
-
-
1 290 dae: Januarie 1919 tot Daniël 12:11 September 1922
(Gesalfde Christene ontwaak
en vorder geestelik.)
-