-
Hulle geloof het ’n vuurproef deurstaanGee ag op Daniël se profesie!
-
-
12. Waarvan het sekere Galdeërs die drie Hebreërs aangekla, en waarom?
12 Die feit dat die drie Hebreërs geweier het om die beeld te aanbid, het sekere Galdeërs woedend gemaak. Hulle het die koning onmiddellik genader en “die Jode aangeklaag”.d Hulle het nie in ’n verduideliking belanggestel nie. Die aanklaers wou hê dat die Hebreërs vir dislojaliteit en verraad gestraf moes word en het gesê: “Daar is Joodse manne wat u oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abednego; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie.”—Daniël 3:8-12.
-
-
Hulle geloof het ’n vuurproef deurstaanGee ag op Daniël se profesie!
-
-
d Die Aramese uitdrukking wat met “aangeklaag” vertaal word, beteken om ‘die stukke [van iemand] te eet’—om hom deur laster as ’t ware stukkend te kou.
-