-
’n Aanval uit die noorde!Die Wagtoring (Studie-uitgawe) – 2020 | April
-
-
14. Wanneer is Joël 2:28, 29 vervul?
14 Op ’n positiewe noot bring Joël nou goeie nuus. Die land sal weer vrugbaar wees (Joël 2:23-26). Dan sal daar die een of ander tyd in die toekoms oorgenoeg geestelike voedsel beskikbaar wees. Jehovah sê: “Ek [sal] my gees op alle soorte mense uitstort, en julle seuns en julle dogters sal profeteer. . . . Ek [sal] my gees selfs op my slawe en slavinne uitstort” (Joël 2:28, 29). God het nie sy gees oor die Israeliete uitgestort direk nadat hulle uit Babilon na hulle tuisland teruggekeer het nie. Dit het eerder honderde jare later by Pinkster 33 HJ gebeur. Hoe weet ons dit?
15. Watter verandering het Petrus aan die woorde in Joël 2:28 gemaak volgens Handelinge 2:16, 17, en wat wys dit?
15 Die apostel Petrus het onder inspirasie Joël 2:28, 29 toegepas op iets wonderliks wat op Pinksterdag gebeur het. Omtrent negeuur daardie oggend het God sy heilige gees uitgestort, en dié wat dit ontvang het, het begin praat “oor die wonderlike dinge van God” (Hand. 2:11). Onder inspirasie het Petrus die woorde van Joël se profesie effens verander toe hy dit aangehaal het. Het jy opgelet watter verandering hy gemaak het? (Lees Handelinge 2:16, 17.) In plaas daarvan dat Petrus die aanhaling met die woord “daarna” begin het, het hy gesê: “En in die laaste dae” – in hierdie geval, die laaste dae van die Joodse stelsel van dinge – sal God se gees “op alle soorte mense” uitgestort word. Dit wys dat daar baie tyd verbygegaan het voordat Joël se profesie vervul is.
16. Watter uitwerking het God se gees op die predikingswerk in die eerste eeu gehad, en wat van vandag?
16 Nadat God sy gees op die Christene in die eerste eeu uitgestort het, het hulle met ’n predikingswerk begin wat later regoor die wêreld gedoen sou word. Teen die tyd dat die apostel Paulus sy brief aan die Kolossense geskryf het, omtrent 61 HJ, kon hy sê dat die goeie nuus verkondig is “in die hele skepping wat onder die hemel is” (Kol. 1:23). Toe Paulus gepraat het van “die hele skepping”, het hy verwys na die dele van die wêreld waarheen hy en ander kon reis. Met die hulp van Jehovah se kragtige heilige gees het die predikingswerk baie meer in ons dag uitgebrei – “tot aan die eindes van die aarde”! – Hand. 13:47; sien die venster ‘Ek sal my gees uitstort’.
-