-
Aangespoor deur “die luisterryke dinge van God”Die Wagtoring – 2002 | Augustus 1
-
-
Tot dade aangespoor!
4. Watter profesie van Joël is op Pinksterdag 33 G.J. vervul?
4 Nadat die dissipels in Jerusalem die heilige gees ontvang het, het hulle sonder versuim die goeie nuus van redding aan ander verkondig en by die skare begin wat daardie oggend vergader het. Hulle predikingswerk het ’n merkwaardige profesie vervul, wat agt eeue tevore deur Joël, die seun van Petuel, opgeteken is: “Ek [sal] my gees op elke soort vlees uitstort, en julle seuns en julle dogters sal beslis profeteer. Wat julle ou manne betref, hulle sal drome droom. Wat julle jong manne betref, hulle sal visioene sien. En selfs op die diensknegte en op die diensmeisies sal ek in daardie dae my gees uitstort . . . voor die koms van die groot en vreesinboesemende dag van Jehovah.”—Joël 1:1; 2:28, 29, 31; Handelinge 2:17, 18, 20.
5. In watter sin het eerste-eeuse Christene geprofeteer? (Sien voetnoot.)
5 Het dit beteken dat God ’n hele geslag profete, mans sowel as vroue, soos Dawid, Joël en Debora, sou verwek en hulle sou gebruik om toekomstige gebeure te voorspel? Nee. Christene sou as ‘seuns en dogters, diensknegte en diensmeisies’ profeteer in die sin dat hulle deur Jehovah se gees gedring sou word om “die luisterryke dinge” te verkondig wat Jehovah gedoen het en nog sou doen. Hulle sou dus as woordvoerders van die Allerhoogste dien.a Maar hoe het die skare gereageer?—Hebreërs 1:1, 2.
-
-
Aangespoor deur “die luisterryke dinge van God”Die Wagtoring – 2002 | Augustus 1
-
-
a Toe Jehovah Moses en Aäron aangestel het om ten behoewe van sy volk met Farao te praat, het Hy vir Moses gesê: “Ek het jou God gemaak vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet word” (Eksodus 7:1). Aäron het as ’n profeet gedien, nie in die sin dat hy toekomstige gebeure voorspel het nie, maar deurdat hy Moses se woordvoerder, of mondstuk, geword het.
-