-
“Sê vir ons: Wanneer sal hierdie dinge wees?”Die Wagtoring – 1994 | Februarie 15
-
-
11 Soos ons in Handelinge 2:1-4 en 14-21 sien, het God met Pinkster 33 G.J. heilige gees op 120 dissipels, manne sowel as vroue, uitgestort. Die apostel Petrus het bekend gemaak dat dít was wat Joël voorspel het. Maar wat van Joël se woorde oor ‘die son wat donker sou word en die maan wat in bloed sou verander en die sterre wat hulle glans sou intrek’? Niks dui daarop dat dit in 33 G.J. of gedurende die meer as 30 jaar lange voleinding van die Joodse stelsel van dinge vervul is nie.
12, 13. Hoe is die hemelse verskynsels wat Joël voorspel het, vervul?
12 Die laaste deel van Joël se voorspelling het klaarblyklik nouer saamgehang met die koms van “die groot en deurlugtige dag van die HERE”—die vernietiging van Jerusalem. Die Wagtoring van 1 Februarie 1967 het aangaande die verdrukking wat in 70 G.J. oor Jerusalem gekom het, gesê: “Dit was sekerlik ’n ‘dag van [Jehovah]’ met betrekking tot Jerusalem en haar kinders. En in verband met daardie dag was daar oorvloedig ‘bloed en vuur en rookpilare’, bedags het die son nie die somberheid van die stad verhelder nie, en die maan het jou laat dink aan vergote bloed, nie aan vreedsame, silwer maanlig snags nie.”c
13 Ja, soos in die geval van die ander profesieë wat ons al in oënskou geneem het, is die hemelse verskynsels wat Joël voorspel het, vervul toe Jehovah oordeel voltrek het. Die verduistering van die son, maan en sterre het plaasgevind toe die teregstellingsmagte Jerusalem binnegeval het, en nie gedurende die volle duur van die voleinding van die Joodse stelsel nie. Ons kan logieserwys ’n groter vervulling van daardie deel van Joël se profesie verwag wanneer God se teregstelling van die huidige stelsel begin.
-
-
“Sê vir ons: Wanneer sal hierdie dinge wees?”Die Wagtoring – 1994 | Februarie 15
-
-
c Josephus skryf soos volg oor gebeure tussen die Romeine se aanvanklike aanslag op Jerusalem (66 G.J.) en sy vernietiging: “Gedurende die nag het ’n verwoestende storm losgebars; ’n orkaan het gewoed, reën het in stortvloede neergegiet, weerlig het aanhoudend geflits, die donderslae was skrikwekkend, die aarde het geskud met oorverdowende gedreun. Rampspoed vir die mensdom is ongetwyfeld deur hierdie ineenstorting van die hele raamwerk van dinge afgeskadu, en niemand kon daaraan twyfel dat die voortekens op ’n ongeëwenaarde katastrofe gedui het nie.”
-