Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Probeer ander sien soos Jehovah hulle sien
    Die Wagtoring – 2003 | Maart 15
    • 7. Onder watter omstandighede het Jona Jehovah in Israel gedien, en hoe beïnvloed hierdie kennis jou beskouing van hom?

      7 Jona het getrou in Israel gearbei, ’n uiters onontvanklike gebied. Die profeet Amos, wat omtrent dieselfde tyd as Jona gelewe het, het die Israeliete van daardie tyd as materialistiese liefhebbers van genot beskryf.b Slegte dinge het in die land gebeur, maar die Israeliete het dit heeltemal geïgnoreer (Amos 3:13-15; 4:4; 6:4-6). Tog het Jona dag na dag sy opdrag om vir hulle te getuig, getrou uitgevoer. As jy ’n verkondiger van die goeie nuus is, weet jy hoe moeilik dit is om met mense te praat wat selfvoldaan en onverskillig is. Terwyl ons Jona se swakhede erken, moet ons dus nie die getrouheid en volharding waarmee hy vir die ontroue Israeliete getuig het, oor die hoof sien nie.

  • Probeer ander sien soos Jehovah hulle sien
    Die Wagtoring – 2003 | Maart 15
    • b As gevolg van ’n paar groot oorwinnings en die herstelling van voormalige gebied en die skatting wat waarskynlik as gevolg daarvan ingevorder is, het Jerobeam II blykbaar die rykdom van die noordelike koninkryk grootliks vermeerder.—2 Samuel 8:6; 2 Konings 14:23-28; 2 Kronieke 8:3, 4; Amos 6:2.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel