Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Bybelboek nommer 32—Jona
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 4. Deur watter soort vis is Jona moontlik ingesluk? Wat is egter vir ons voldoende inligting?

      4 Wat van die “groot vis” waardeur Jona ingesluk is? Daar is al baie gegis oor watter soort vis dit kon gewees het. Die potvis is heeltemal daartoe in staat om ’n mens heel in te sluk. So ook die witdoodshaai. Die Bybel sê egter eenvoudig: “Die HERE het ’n groot vis beskik om Jona in te sluk” (Jona 1:17). Die soort vis word nie gemeld nie. Daar kan nie met sekerheid vasgestel word of dit ’n potvis, ’n witdoodshaai of ’n ander onbekende seedier was nie.a Die Bybelverslag dat dit “’n groot vis” was, is vir ons voldoende inligting.

  • Bybelboek nommer 32—Jona
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 6 . Watter ondervinding het Jona met die “groot vis”?

      6 Deur “’n groot vis” ingesluk (1:17–2:10). “En die HERE het ’n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis” (1:17). Uit die ingewande van die vis bid hy vurig tot Jehovah. “Uit die binneste van die doderyk” roep hy om hulp, en hy verklaar dat hy sal betaal wat hy plegtig beloof het, want “die heil behoort aan die HERE” (2:2, 9). Op Jehovah se bevel spuug die vis Jona op die droë grond uit.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel