Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ons sal vir ewig in Jehovah se naam wandel!
    Die Wagtoring – 2003 | Augustus 15
    • 15. Hoe sal jy die profesie in Miga 4:1-4 in jou eie woorde beskryf?

      15 Wanneer ons terugkyk, sien ons dat Miga vervolgens ’n opwindende boodskap van hoop bekend maak. Watter bemoedigende woorde vind ons tog in Miga 4:1-4! Miga sê: “Aan die einde van die dae sal die berg van die huis van Jehovah stewig gevestig word bo die top van die berge, en dit sal beslis bo die heuwels verhef word; en volke sal daarheen stroom. . . . En hy sal beslis oordeel tussen baie volke en sake regstel met betrekking tot magtige nasies wat ver is. En hulle sal van hulle swaarde ploegskare moet smee en van hulle spiese snoeimesse. Hulle sal nie, nasie teen nasie, die swaard ophef nie, en ook sal hulle nie meer leer om oorlog te voer nie. En hulle sal elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom sit, en daar sal niemand wees wat hulle laat bewe nie; want die mond van Jehovah van die leërs het dit gespreek.”

  • Ons sal vir ewig in Jehovah se naam wandel!
    Die Wagtoring – 2003 | Augustus 15
    • 17 In ooreenstemming met Miga se profesie sal die rein aanbidding van Jehovah binnekort ten volle oor die hele aarde beoefen word. Tans word mense ‘wat die regte gesindheid vir die ewige lewe het’, in Jehovah se weë onderrig (Handelinge 13:48). In geestelike sin oordeel Jehovah en stel hy sake reg vir gelowiges wat hulle standpunt vir die Koninkryk inneem. Hulle sal “die groot verdrukking” oorleef as deel van die “groot menigte” (Openbaring 7:9, 14). Aangesien hulle van hulle swaarde ploegskare gesmee het, lewe hulle selfs vandag al in vrede met mede-Getuies van Jehovah en met ander. Hoe wonderlik is dit tog om onder hulle te wees!

      Vasbeslote om in Jehovah se naam te wandel

      18. Wat word voorgestel deur die uitdrukking dat elkeen ‘onder sy eie wingerdstok en vyeboom sal sit’?

      18 In ons dag, terwyl vrees die aarde soos ’n onheilspellende wolk oordek, is ons verheug dat baie mense Jehovah se weë leer ken. Ons sien uit na die tyd, wat nou op hande is, wanneer niemand wat God liefhet, meer sal leer om oorlog te voer nie, maar onder hulle eie wingerdstok en vyeboom sal sit. Vyebome word dikwels in wingerde geplant (Lukas 13:6). Die uitdrukking dat elkeen onder sy eie wingerdstok en vyeboom sal sit, stel vreedsame, voorspoedige en veilige toestande voor. Weens ons verhouding met Jehovah geniet ons nou reeds gemoedsrus en geestelike veiligheid. Wanneer sulke toestande onder Koninkryksheerskappy bestaan, sal ons nie bang wees nie, maar heeltemal veilig voel.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel