Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah se oordeelsdag is naby!
    Die Wagtoring – 2001 | Februarie 15
    • 17. Hoe naby is Jehovah se oordeelsdag volgens Sefanja 1:14-16?

      17 Hoe naby is Jehovah se oordeelsdag? Volgens Sefanja 1:14-16 gee God hierdie versekering: “Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar. Dié dag is ’n dag van grimmigheid, ’n dag van benoudheid en angs, ’n dag van woestheid en verwoesting, ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag, ’n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.”

  • Jehovah se oordeelsdag is naby!
    Die Wagtoring – 2001 | Februarie 15
    • 19, 20. (a) Wat was party van die kenmerke toe God se wraak oor Juda en Jerusalem uitgeoefen is? (b) Watter vrae word geopper met die oog op die selektiewe vernietiging wat vir hierdie stelsel van dinge voorlê?

      19 Die uitoefening van God se wraak oor Juda en Jerusalem was “’n dag van benoudheid en angs”. Babiloniese invallers het baie lyding vir die inwoners van Juda veroorsaak, onder meer benoudheid wanneer mense voor die dood en voor vernietiging te staan gekom het. Daardie “dag van woestheid en verwoesting” is deur duisternis, wolke en dik donkerheid gekenmerk, miskien nie net figuurlik nie maar ook letterlik omdat daar oral rook en verwoesting was. Dit was “’n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu”, maar waarskuwings is tevergeefs gegee.

      20 Jerusalem se wagte was hulpeloos terwyl Babiloniese stormramme die “hoë hoekvestings” in duie laat stort het. Die versterkings van die huidige goddelose stelsel van dinge sal net so nutteloos wees teen die wapens in God se hemelse arsenaal, wat gereed is sodat hy dit vroeg in sy selektiewe vernietiging kan gebruik. Hoop jy om gered te word? Het jy jou beslis geskaar aan die kant van Jehovah, ‘wat almal bewaar wat Hom liefhet, maar al die goddelose sal verdelg’?—Psalm 145:20.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel