-
“Ons sal saam met julle gaan”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2016 | Januarie
-
-
1, 2. (a) Wat het Jehovah gesê sal in ons tyd gebeur? (b) Watter vrae sal in hierdie artikel beantwoord word? (Sien prent aan begin van artikel.)
JEHOVAH het die volgende aangaande ons tyd voorspel: “In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van ’n Joodse man vasgryp, ja, hulle sal dit vasgryp en sê: ‘Ons sal saam met julle gaan, want ons het gehoor dat God met julle is’” (Sagaria 8:23). Die “Joodse man” stel diegene voor wat deur God met heilige gees gesalf is. Hulle word ook “die Israel van God” genoem (Galasiërs 6:16). Die “tien man” stel diegene voor wat die hoop het om vir ewig op die aarde te lewe. Hulle weet dat Jehovah hierdie groep gesalfdes seën en beskou dit as ’n eer om hom saam met hulle te aanbid.
-
-
“Ons sal saam met julle gaan”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2016 | Januarie
-
-
4. Hoe kan ons “saam met” die gesalfdes gaan as dit nie moontlik is om te weet wat die name is van al die gesalfdes wat vandag op die aarde is nie?
4 Hoe kan die ander skape “saam met” die gesalfdes gaan as dit nie moontlik is om te weet wat die name is van al die gesalfdes wat vandag op die aarde is nie? Die Bybel sê dat die “tien man” “die slip van ’n Joodse man [sal] vasgryp . . . en sê: ‘Ons sal saam met julle gaan, want ons het gehoor dat God met julle is.’” Die Bybelvers praat van ’n Joodse man. Maar hierdie Joodse man verwys na meer as een persoon, want daarna sê die vers “julle”. Dit beteken dat die Joodse man die hele groep gesalfdes voorstel. Die ander skape weet dit, en hulle dien Jehovah saam met hierdie groep. Hulle hoef nie te weet wat die naam is van elke lid van hierdie groep nie en hoef nie elkeen van hulle te volg nie. Jesus is ons Leier, en die Bybel sê dat hy die enigste een is wat ons moet volg.—Matteus 23:10.
-