Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Hou vas wat jy het”
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 12. Waarom sou dit lede van die Joodse sinagoge in Filadelfia waarskynlik verbaas om te hoor dat party van hulle hulle voor die plaaslike Christengemeenskap sou “neerbuig”?

      12 Dit sou lede van die Joodse sinagoge in Filadelfia waarskynlik verbaas om te hoor dat party van hulle voor die plaaslike Christengemeenskap ‘hulde sou bewys’. Met die oog op die feit dat daar ongetwyfeld baie nie-Jode in daardie gemeente is, sou hulle verwag dat presies die teenoorgestelde sou gebeur. Waarom? Omdat Jesaja voorspel het: “[Nie-Joodse] konings sal vir jou [die volk Israel] oppassers word, en hulle vorstinne versorgsters vir jou. Met die gesig na die aarde sal hulle hulle voor jou neerbuig” (Jesaja 49:23; 45:14; 60:14). Sagaria is geïnspireer om in ’n soortgelyke trant te skryf: “In dié dae sal tien man [nie-Jode] uit al die tale van die nasies die slip van ’n Joodse man vasgryp, ja, hulle sal dit vasgryp en sê: ‘Ons sal saam met julle gaan, want ons het gehoor dat God met julle is’” (Sagaria 8:23). Ja, nie-Jode moes hulle voor Jode neerbuig, nie andersom nie!

  • “Hou vas wat jy het”
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 14. Hoe is Jesaja 49:23 en Sagaria 8:23 in hedendaagse tye op ’n betekenisvolle wyse vervul?

      14 Profesieë soos Jesaja 49:23 en Sagaria 8:23 is in hedendaagse tye op ’n uiters betekenisvolle wyse vervul. As gevolg van die predikingswerk van die Johannes-klas het groot getalle mense Koninkryksdiens deur die geopende deur betree.b Die meeste van hulle het uit die Christendom gekom, wie se godsdienste valslik beweer dat hulle geestelike Israel is. (Vergelyk Romeine 9:6.) Hierdie mense, as ’n groot menigte, was hulle klere en maak dit wit deur geloof te beoefen in Jesus se offerbloed (Openbaring 7:9, 10, 14). Hulle is gehoorsaam aan Christus se Koninkryksheerskappy en hoop dus om die seëninge daarvan hier op die aarde te beërf. Hulle kom na Jesus se gesalfde broers en ‘buig hulle’, geestelik gesproke, voor hulle ‘neer’, omdat ‘hulle gehoor het dat God met hulle is’. Hulle verrig diens aan hierdie gesalfdes, met wie hulle in ’n wêreldwye broederskap verenig word.—Matteus 25:34-40; 1 Petrus 5:9.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel