Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Sagaria se visioene—Hoe dit jou raak
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2017 | Oktober
    • 16. (a) Wat het met die houer gebeur? (Sien prent 3 aan begin van artikel.) (b) Waarheen neem die vrouens met vlerke die houer?

      16 Volgende het Sagaria twee vrouens gesien met sterk vlerke soos ’n ooievaar. (Lees Sagaria 5:9-11.) Hierdie vrouens was heeltemal anders as die vrou in die houer. Hierdie vrouens het met hulle kragtige vlerke die houer met “Goddeloosheid” opgetel en weggevlieg. Waarheen het hulle haar gevat? Hulle het die houer na “die land Sinear”, of Babilon, gevat. Maar hoekom het hulle die houer na Babilon toe gevat?

      17, 18. (a) Hoekom was Sinear die “regte plek” vir “Goddeloosheid”? (b) Wat moet ons vasbeslote wees om te doen?

      17 Die Israeliete in Sagaria se dag sou verstaan het hoekom Babilon die “regte plek” was om “Goddeloosheid” heen te vat. Hulle het geweet dat dit ’n goddelose stad was, vol onsedelikheid en valse aanbidding. Sagaria en ander Jode wat daar grootgeword het, moes elke dag stry teen die heidense invloed. Hierdie visioen het hulle verseker dat Jehovah sy aanbidding rein sal hou.

      18 Die visioen het ook die Jode daaraan herinner dat hulle die verantwoordelikheid het om hulle aanbidding rein te hou. Goddeloosheid kan nie en sal nie toegelaat word onder God se volk nie. Jehovah het ons vandag in sy rein organisasie ingebring waar ons sy liefde en beskerming ervaar. Elkeen van ons het die verantwoordelikheid om Jehovah se organisasie rein te hou. Goddeloosheid het geen plek in ons geestelike paradys nie.

  • Sagaria se visioene—Hoe dit jou raak
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2017 | Oktober
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel