Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ’n Tyd van toetsing en sifting
    Die Wagtoring – 1987 | Junie 15
    • ’n Tyd van toetsing en sifting

      “En skielik sal daar na Sy tempel kom die ware Heer, na wie julle mense soek, en die boodskapper van die verbond . . . En hy moet sit as ’n louteraar en reiniger.”—MALEAGI 3:1, 3, NW.

  • ’n Tyd van toetsing en sifting
    Die Wagtoring – 1987 | Junie 15
    • 3. Wat het die antieke louteringsproses behels?

      3 Maar, eers, waarom laat Jehovah toe dat sy volk getoets en gesif word? As die Een ‘wat harte toets’, het hy hom voorgeneem om sy georganiseerde volk te louter (Spreuke 17:3; Psalm 66:10). In Bybeltye het loutering geskied deur ’n metaal tot die smeltpunt te verhit en dan die onsuiwerhede, of skuim, af te skep. Ons lees: “Terwyl hy staan of sit, hou die louteraar die proses in alle erns dop totdat . . . die [vloeibare] metaal soos ’n blink gepoleerde spieël lyk wat alles daaromheen weerspieël; selfs die louteraar kan, wanneer hy op die gesmelte metaal afkyk, homself asof in ’n spieël sien, en sodoende kan hy die suiwerheid van die metaal baie goed beoordeel. As hy tevrede is, word die vuur kleiner gemaak en word die metaal uit die smeltoond gehaal; maar as daar gemeen word dat dit nie suiwer is nie, word nog lood bygevoeg en word die proses herhaal” (Cyclopedia of Biblical, Theological, and Ecclesiastical Literature, deur J. McClintock en J. Strong). Sulke gelouterde goud of silwer was kosbaarder.—Vergelyk Openbaring 3:18.

      4. Waarom laat Jehovah toe dat sy volk getoets en gesif word?

      4 Jehovah laat toetsing en sifting toe om sy volk te louter, of te reinig, en dit help hulle om sy beeld akkurater te weerspieël (Efesiërs 5:1). Tydens die louteringsproses skep hy die skuim af deur onrein leerstellings en gebruike uit die weg te ruim (Jesaja 1:25). Hy sif ook diegene onder sy volk uit wat weier om hulle aan die louteringsproses te onderwerp en “struikelblokke [is] en die wat die ongeregtigheid doen”. Dit baan die weg vir “die kinders van die koninkryk”, die geestelike Israeliete, om helder te skyn sodat ’n aardse klas ook ingesamel kan word en hulle as ’n organisasie kan aanhang om behoue te bly.—Mattheüs 13:38, 41, 43; Filippense 2:15.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel