-
Glanspunte uit die boek MaleagiDie Wagtoring – 2007 | Desember 15
-
-
3:10—Verteenwoordig “al die tiendes” wat ingebring moet word, die feit dat ons ons ten volle aan Jehovah moet gee? Aangesien die Mosaïese Wet op grond van Jesus se dood tot niet gemaak is, is die geldelike tiende nie ’n vereiste nie. Die gee van ’n tiende het eerder ’n simboliese betekenis (Efesiërs 2:15). Dit verteenwoordig nie die feit dat ons ons ten volle aan Jehovah moet gee nie. Hoewel die tiende jaar ná jaar ingebring is, gee ons onsself net een keer ten volle aan Jehovah—wanneer ons ons aan hom toewy en ons toewyding deur waterdoop simboliseer. Van daardie tydstip af behoort alles wat ons het, aan Jehovah. Hy laat ons egter toe om ’n deel van wat ons het—’n simboliese tiende—te kies om in sy diens te gebruik. Dit is wat ook al ons omstandighede ons toelaat en ons hart ons beweeg om te gebruik. Die offergawes wat ons aan Jehovah bring, sluit die tyd, energie en middele in wat in die Koninkrykspredikings- en dissipelmaakwerk gebruik word. Die bywoning van Christelike vergaderinge, besoeke aan siek en bejaarde medegelowiges en finansiële ondersteuning van ware aanbidding word ook hierby ingesluit.
-
-
Glanspunte uit die boek MaleagiDie Wagtoring – 2007 | Desember 15
-
-
3:10. As ons versuim om ons beste vir Jehovah te gee, verbeur ons sy seën.
-