-
Die seën van Jehovah maak rykDie Wagtoring – 1992 | Desember 1
-
-
Die oordeel van “die ware Heer”
18. (a) Oor wie se koms waarsku Jehovah? (b) Wanneer was daar ’n koms na die tempel, wie was daarby betrokke en wat was die gevolg vir Israel?
18 Jehovah het deur Maleagi ook gewaarsku dat hy sou kom om sy volk te oordeel. “Kyk! Ek stuur my boodskapper, en hy moet die weg voor my aangesig baan. En skielik sal daar na Sy tempel kom die ware Heer, na wie julle mense soek, en die boodskapper van die verbond, in wie julle behae het. Kyk! Hy sal stellig kom” (Maleagi 3:1, NW). Wanneer het hierdie beloofde koms na die tempel plaasgevind? In Mattheüs 11:10 het Jesus Maleagi se profesie aangaande ’n boodskapper wat die weg sou berei, aangehaal en dit op Johannes die Doper toegepas (Maleagi 4:5; Mattheüs 11:14). Die oordeelstyd het dus in 29 G.J. aangebreek! Wie was die tweede boodskapper, die boodskapper van die verbond wat Jehovah, “die ware Heer”, na die tempel sou vergesel? Jesus self, en by twee geleenthede het hy na die tempel in Jerusalem gekom en dit op dramatiese wyse gereinig deur die oneerlike geldwisselaars uit te jaag (Markus 11:15-17; Johannes 2:14-17). Jehovah vra profeties aangaande hierdie eerste-eeuse oordeelstyd: “Wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn?” (Maleagi 3:2). Om die waarheid te sê, Israel het nie standgehou nie. Hulle is ondersoek, te lig bevind, en in 33 G.J. is hulle as Jehovah se uitverkore volk verwerp.—Mattheüs 23:37-39.
19. Op watter wyse het ’n oorblyfsel in die eerste eeu na Jehovah teruggekeer, en hoe is hulle geseën?
19 Maar Maleagi het ook geskryf: “[Jehovah] moet sit as ’n louteraar en reiniger van silwer en moet die seuns van Levi reinig; en hy moet hulle suiwer soos goud en soos silwer, en hulle sal beslis voor Jehovah mense word wat ’n offergawe aanbied in geregtigheid” (Maleagi 3:3, NW). Hoewel die meeste verwerp is wat in die eerste eeu beweer het dat hulle Jehovah dien, is sommige in ooreenstemming met hierdie profesie gereinig en het hulle met aanneemlike offerandes na Jehovah gekom. Wie was hulle? Diegene wat na Jesus, die boodskapper van die verbond, geluister het. Op Pinkster 33 G.J. was 120 van hierdie persone wat gehoor gegee het saam in ’n bovertrek in Jerusalem vergader. Omdat hulle deur heilige gees versterk is, het hulle ’n offergawe in geregtigheid begin aanbied, en hulle getalle het vinnig toegeneem. Kort voor lank het hulle deur die Romeinse Ryk versprei (Handelinge 2:41; 4:4; 5:14). Sodoende het ’n oorblyfsel tot Jehovah teruggekeer.—Maleagi 3:7.
20. Wat het met die nuwe Israel van God gebeur toe Jerusalem en die tempel vernietig is?
20 Hierdie oorblyfsel van Israel, wat later nie-Jode ingesluit het wat as ’t ware op die wortelstok van Israel ingeënt is, was ’n nuwe “Israel van God”, ’n nasie wat uit geesgesalfde Christene bestaan het (Galasiërs 6:16; Romeine 11:17). In 70 G.J. het ’n ‘dag wat brand soos ’n oond’ oor vleeslike Israel gekom toe Jerusalem en sy tempel deur Romeinse leërs vernietig is (Maleagi 4:1; Lukas 19:41-44). Wat het met die geestelike Israel van God gebeur? Jehovah het ‘medelye met hulle gehad soos ’n man medelye het met sy seun wat hom dien’ (Maleagi 3:17). Die gesalfde Christengemeente het op Jesus se profetiese waarskuwing ag geslaan (Mattheüs 24:15, 16). Hulle het dit oorleef, en Jehovah se seën het hulle deurgaans geestelik ryk gemaak.
21. Watter vrae in verband met Maleagi 3:1 en 10 moet nog beantwoord word?
21 Wat ’n verheerliking van Jehovah was dit tog! Maar hoe word Maleagi 3:1 vandag vervul? En hoe moet ’n Christen gehoor gee aan die aanmoediging in Maleagi 3:10 om die hele tiende na die skathuis, oftewel voorraadskuur, te bring? Dit sal in die volgende artikel bespreek word.
-
-
“Bring die hele tiende na die skathuis”Die Wagtoring – 1992 | Desember 1
-
-
1. (a) Watter uitnodiging het Jehovah in die vyfde eeu v.G.J. aan sy volk gerig? (b) Wat was die gevolg toe Jehovah in die eerste eeu G.J. na die tempel gekom het om te oordeel?
IN DIE vyfde eeu v.G.J. was die Israeliete ontrou aan Jehovah. Hulle het hulle tiendes weerhou en gebrekkige diere as offerandes na die tempel gebring. Nogtans het Jehovah belowe dat hy ’n oorvloedige seën op hulle sou uitstort as hulle die hele tiende na die skathuis, oftewel voorraadskuur, bring (Maleagi 3:8-10). Sowat 500 jaar later het Jehovah, verteenwoordig deur Jesus as Sy boodskappper van die verbond, na die tempel in Jerusalem gekom om te oordeel (Maleagi 3:1). Israel as ’n nasie is te lig bevind, maar diegene wat na Jehovah teruggekeer het, is ryklik geseën (Maleagi 3:7). Hulle is gesalf om Jehovah se geestelike seuns, ’n nuwe skepping, “die Israel van God”, te word.—Galasiërs 6:16; Romeine 3:25, 26.
2. Wanneer sou Maleagi 3:1-10 ’n tweede vervulling ondergaan, en wat word ons genooi om na aanleiding hiervan te doen?
2 Amper 1 900 jaar later, in 1914, is Jesus as Koning van God se hemelse Koninkryk gekroon, en die Goddelik geïnspireerde woorde in Maleagi 3:1-10 sou nou ’n tweede vervulling ondergaan. Hedendaagse Christene word na aanleiding van hierdie opwindende gebeurtenis genooi om die hele tiende na die voorraadskuur te bring. As ons dit doen, sal ons ook oorvloedige seëninge geniet.
3. Wie was die boodskapper wat die weg voor Jehovah berei het (a) in die eerste eeu? (b) voor die Eerste Wêreldoorlog?
3 Jehovah het aangaande sy koms na die tempel gesê: “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan” (Maleagi 3:1). As ’n eerste-eeuse vervulling hiervan het Johannes die Doper na Israel gekom en ’n bekering van sondes verkondig (Markus 1:2, 3). Was daar ’n voorbereidingswerk wat met Jehovah se tweede koms na sy tempel gedoen moes word? Ja. In die dekades voor die Eerste Wêreldoorlog het die Bybelstudente op die wêreldtoneel verskyn, en hulle het onderrig gegee in die suiwer leer van die Bybel en God-onterende leuens, soos die leerstellings van die Drie-eenheid en die helse vuur, blootgelê. Hulle het ook oor die komende einde van die Heidense Tye in 1914 gewaarsku. Baie het na hierdie ligdraers van waarheid geluister.—Psalm 43:3; Mattheüs 5:14, 16.
4. Watter vraag moet gedurende die dag van die Here beantwoord word?
4 Die jaar 1914 was die begin van wat die Bybel “die dag van die Here” noem (Openbaring 1:10). Betekenisvolle gebeure sou gedurende daardie dag plaasvind, met inbegrip van die identifisering van “die getroue en verstandige dienskneg” en die aanstelling van daardie een “oor al [die Heer se] besittings” (Mattheüs 24:45-47). In 1914 was daar duisende kerke wat beweer het dat hulle Christelik is. Watter groep sou deur die Heer, Jesus Christus, as sy getroue en verstandige dienskneg erken word? Daardie vraag sou met Jehovah se koms na die tempel beantwoord word.
Die koms na die geestelike tempel
5, 6. (a) Na watter tempel het Jehovah gekom om te oordeel? (b) Watter oordeel het die Christendom van Jehovah ontvang?
5 Maar na watter tempel het hy gekom? Gewis nie na die letterlike tempel in Jerusalem nie. Die laaste van daardie tempels is reeds in 70 G.J. vernietig. Jehovah het egter ’n groter tempel wat deur die tempel in Jerusalem afgebeeld is. Paulus het van hierdie groter tempel gepraat en getoon hoe groots dit waarlik is, met ’n heiligdom in die hemel en ’n voorhof hier op die aarde (Hebreërs 9:11, 12, 24; 10:19, 20). Dit is na hierdie groot geestelike tempel wat Jehovah gekom het om te oordeel.—Vergelyk Openbaring 11:1; 15:8.
6 Wanneer het dit gebeur? Volgens duidelik beskikbare bewyse was dit in 1918.a Wat was die gevolg? Wat die Christendom betref, het Jehovah ’n organisasie gesien wie se hande vol bloed was, ’n korrupte godsdiensstelsel wat haarself aan hierdie wêreld oorgegee het, wat haar met die rykes vereenselwig het en die armes onderdruk het, wat heidense leerstellings geleer het pleks van ware aanbidding te beoefen (Jakobus 1:27; 4:4). Jehovah het deur Maleagi gewaarsku: “Ek sal ’n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk” (Maleagi 3:5). Die Christendom het al hierdie en erger dinge gedoen. Teen 1919 was dit duidelik dat Jehovah die Christendom tot vernietiging verdoem het, saam met die res van Babilon die Grote, die wêreldwye struktuur van valse godsdiens. Van toe af het die oproep aan regskapenes uitgegaan: “Gaan uit haar uit, my volk.”—Openbaring 18:1, 4.
-