Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘’n Seën totdat daar geen gebrek meer is nie’
    Lewe met Jehovah se dag in gedagte
    • 1, 2. (a) Watter voordelige keuses kan elkeen van ons maak? (b) Die vervulling van watter profesie hou verband met die seëninge wat ons kan geniet?

      ONS lewe in ’n tyd van oordeel en van seëninge. Dit is ’n tydperk van godsdienstige verval en van geestelike herstel. Jy wil tog sekerlik die seëninge sowel as die teenswoordige en toekomstige goeie gevolge van die geestelike herstel geniet! Maar hoe kan jy hiervan verseker wees? Die antwoord hou verband met ’n profesie waarvan die grotere vervulling plaasgevind het kort nadat “die laaste dae” in 1914 begin het (2 Timoteus 3:1). Maleagi het voorspel: “‘Die ware Heer [Jehovah], na wie julle soek, [sal] na Sy tempel kom, en die boodskapper van die verbond, in wie julle behae het. Kyk! Hy sal beslis kom’, het Jehovah van die leërs gesê.”—Maleagi 3:1.

  • ‘’n Seën totdat daar geen gebrek meer is nie’
    Lewe met Jehovah se dag in gedagte
    • DIE TYD VIR GEESTELIKE REINIGING

      3. Watter verwikkeling onder God se eertydse volk het daartoe gelei dat “die Israel van God” gekies is?

      3 Omtrent vyf eeue ná Maleagi se tyd het Jehovah, verteenwoordig deur Christus (God se “boodskapper van die [Abrahamitiese] verbond”), na die letterlike tempel in Jerusalem gekom om Sy verbondsvolk te oordeel. Daardie nasie was oor die algemeen nie langer waardig om guns te ontvang nie, en daarom het Jehovah hulle verwerp (Matteus 23:37, 38). Jy kan bewys hiervan sien in wat in 70 G.J. gebeur het. Jy kan net so seker wees dat God in hulle plek “die Israel van God” gekies het, ’n geestelike nasie wat uit 144 000 bestaan en uit al die nasies geneem is (Galasiërs 6:16; Romeine 3:25, 26). Maar dit was nie die finale vervulling van Maleagi se profesie nie. Dit wys ook na hedendaagse tye en hou regstreeks verband met jou toekomsverwagtinge van ‘’n seën totdat daar geen gebrek meer is nie’.

      4. Wat moes beantwoord word nadat Jesus in 1914 op die troon geplaas is?

      4 Die vervulling van Bybelprofesieë bevestig dat Jesus Christus in 1914 as Koning van Jehovah se hemelse Koninkryk gekroon is. Toe het die tyd aangebreek vir Jesus om ’n groep Christene te identifiseer wat God se goedkeuring verdien het. Wie sou die toets van geestelike reinheid deurstaan? Jy kan ’n aanduiding van die antwoord in Maleagi se woorde vind: “Wie sal die dag van sy koms verdra, en wie sal standhou wanneer hy verskyn? Want hy sal soos die vuur van ’n louteraar wees” (Maleagi 3:2). Wanneer en hoe het Jehovah na sy “tempel” gekom om te oordeel?

      5, 6. (a) Wat het Jehovah onder die meeste verklaarde aanbidders gevind toe hy vir inspeksie na sy geestelike tempel gekom het? (b) Wat het God se geesgesalfde knegte nodig gehad?

      5 Dit spreek vanself dat God nie na ’n tempel van klip en messelklei gekom het nie. Die laaste letterlike tempel van hierdie aard wat vir ware aanbidding gebruik is, is in 70 G.J. vernietig. Jehovah het eerder na ’n geestelike tempel gekom, die reëling waarvolgens mense hom op grond van Jesus se losprysoffer kan nader en aanbid (Hebreërs 9:2-10, 23-28). Die kerke van die Christendom het beslis nie daardie geestelike tempel uitgemaak nie, want hulle was deel van ’n godsdiensstelsel wat skuldig was aan bloedvergieting en geestelike hoerery, ’n stelsel wat valse leerstellings eerder as ware aanbidding bevorder het. Jehovah het “’n haastige getuie” daarteen geword, en jy weet dat sy veroordeling regverdig was (Maleagi 3:5). Maar nadat God se Koninkryk opgerig is, was daar ’n groep ware Christene wat in die voorhowe van God se geestelike tempel gedien het en wat hulle getrouheid aan God deur strawwe beproewinge heen bewys het. Nietemin moes selfs hierdie gesalfdes in sekere mate gereinig word. Die geskrifte van die 12 profete het daarop gewys, want dit bevat hartverblydende beloftes van geestelike en fisiese herstel onder God se knegte. Maleagi het voorspel dat daar ’n volk sou wees vir wie Jehovah sou “suiwer soos goud en soos silwer”. Hulle sou “beslis vir Jehovah mense word wat ’n offergawe in regverdigheid aanbied”.—Maleagi 3:3.

      6 Daar is grondige bewyse dat Jehovah van 1918 af die nodige reiniging vir gesalfde Christene voorsien het deur hulle aanbidding, gebruike en leerstellings te reinig.a Hulle en die “groot menigte” wat later by hulle aangesluit het, het grootliks hierby baat gevind (Openbaring 7:9). As ’n verenigde groep gaan hulle voort om “’n offergawe in regverdigheid” aan te bied wat “vir Jehovah aangenaam” is.—Maleagi 3:3, 4.

      Prent op bladsye 180, 181

      Jehovah het sy volk as ’n groep gelouter. Het ons as individue nog loutering nodig?

      7. Wat kan ons ons gepas afvra oor ons posisie voor God?

      7 Dit is waar van God se volk as ’n groep, maar wat van ons as individue? Jy kan vra: ‘Is daar aspekte van my gesindheid en dade wat nog loutering nodig het? Moet ek nog my gedrag louter, net soos Jehovah sy gesalfdes gelouter het?’ Ons het vroeër gesien dat die 12 profete die aandag gevestig het op negatiewe beskouings en gedrag sowel as op positiewe eienskappe en dade. Die feit dat hulle dit gedoen het, plaas jou in ’n beter posisie om te weet wat Jehovah ‘van jou terugvra’ (Miga 6:8). Let op die “van jou”. Dit beklemtoon waarom elkeen van ons moet ontleed of ons persoonlik nog verdere loutering of reiniging nodig het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel