-
’n Heilige geheim word onthulOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
17. (a) Wat het Jesus se gelykenis van die koring en die onkruid voorspel? (b) Wat het in 1918 gebeur, en tot watter verwerping en watter aanstelling het dit gelei?
17 In Jesus se gelykenis van die koring en die onkruid het hy die tyd van duisternis voorspel wat sou bestaan terwyl die Christendom oppergesag voer. Nogtans sou daar deur al die eeue van afvalligheid heen individuele, koringagtige Christene, ware gesalfdes, wees (Matteus 13:24-29, 36-43). Toe die dag van die Here in Oktober 1914 aangebreek het, was daar dus nog steeds ware Christene op die aarde (Openbaring 1:10). Dit blyk dat Jehovah omtrent drie en ’n half jaar later, in 1918, na sy geestelike tempel gekom het om te oordeel, vergesel van Jesus as sy “boodskapper van die verbond” (Maleagi 3:1; Matteus 13:47-50). Dit was tyd vir die Heer om die valse Christene finaal te verwerp en ‘die getroue en verstandige slaaf oor al sy besittings’ aan te stel.—Matteus 7:22, 23; 24:45-47.
-
-
’n Heilige geheim word onthulOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
[Venster op bladsy 32]
’n Tyd van toetsing en oordeel
Jesus is omstreeks Oktober 29 G.J. in die Jordaanrivier gedoop en as aangewese Koning gesalf. Hy het drie en ’n half jaar later, in 33 G.J., na Jerusalem se tempel gekom en dié wat dit ’n rowerspelonk gemaak het, uitgedryf. Daar is blykbaar ’n parallel tussen hierdie tydperk en die tydperk van drie en ’n half jaar wat strek vandat Jesus in Oktober 1914 in die hemele op die troon geplaas is totdat hy gekom het om verklaarde Christene te inspekteer toe die oordeel by die huis van God begin het (Matteus 21:12, 13; 1 Petrus 4:17). Vroeg in 1918 is die Koninkryksbedrywigheid van Jehovah se volk hewig teëgestaan. Dit was oor die hele aarde ’n tyd van toetsing, en vreesagtiges is uitgesif. In Mei 1918 het die Christendom se geestelikes die gevangesetting van ampsdraers van die Wagtoringgenootskap aangestig, maar hulle is nege maande later vrygelaat. Later is die valse aanklagte teen hulle teruggetrek. Sedert 1919 het die organisasie van God se volk, nou beproef en gelouter, hulle ywerig daarop toegelê om Jehovah se Koninkryk onder Christus Jesus as die hoop vir die mensdom te verkondig.—Maleagi 3:1-3.
Toe Jesus in 1918 met sy inspeksie begin het, is die geestelikes van die Christendom ongetwyfeld veroordeel. Hulle het nie alleen die vervolging teen God se volk aangestig nie, maar het hulle ook groot bloedskuld op die hals gehaal deur die strydende nasies gedurende die Eerste Wêreldoorlog te ondersteun (Openbaring 18:21, 24). Daardie geestelikes het destyds hulle hoop op die mensgemaakte Volkebond gevestig. Teen 1919 het die Christendom, saam met die hele wêreldryk van valse godsdiens, God se guns heeltemal verloor.
-