Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Bybelboek nommer 39—Maleagi
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 4. Wat bewys dat die boek Maleagi eg en geïnspireerd is?

      4 Die boek Maleagi is nog altyd deur die Jode as eg aanvaar. Aanhalings daaruit in die Christelike Griekse Geskrifte, waarvan ’n aantal op vervullings van sy profesie wys, bewys dat Maleagi geïnspireerd was en deel uitgemaak het van die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat deur die Christengemeente erken is.—Mal. 1:2, 3—Rom. 9:13; Mal. 3:1—Matt. 11:10 en Luk. 1:76 en 7:27; Mal. 4:5, 6—Matt. 11:14 en 17:10-13, Mark. 9:11-13 en Luk. 1:17.

  • Bybelboek nommer 39—Maleagi
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 10. Vir watter oordeelswerk kom die Here na sy tempel?

      10 Die ware Here en die boodskapper (3:1-18). Die profesie bereik nou ’n hoogtepunt met die woorde van ‘Jehovah van die leërskare’: “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die [ware] Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom” (3:1, vgl. NW). As ’n louteraar sal Hy die kinders van Levi reinig en ’n haastige getuie teen die goddelose word wat Hom nie gevrees het nie. Jehovah verander nie, en omdat hulle kinders van Jakob is, sal hy uit barmhartigheid na hulle terugkeer as hulle na hom terugkeer.

  • Bybelboek nommer 39—Maleagi
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 14. (a) Veral waarna wys Maleagi vooruit? (b) Hoe is Maleagi 3:1 in die eerste eeu G.J. vervul?

      14 As die laaste boek van die geïnspireerde Hebreeuse Geskrifte wys Maleagi vooruit na gebeure met betrekking tot die koms van die Messias, wie se verskyning meer as vier eeue later die rede was waarom die Christelike Griekse Geskrifte geskryf is. Soos in Maleagi 3:1 opgeteken is, het Jehovah van die leërskare gesê: “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan.” Die bejaarde Sagaria het onder inspirasie gespreek en getoon dat dit in sy seun, Johannes die Doper, vervul is (Luk. 1:76). Jesus Christus het dit bevestig en terselfdertyd gesê: “Daar [het] nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.” Johannes is gestuur om, soos Maleagi voorspel het, ‘die weg reg te maak’, wat beteken dat hy nie onder diegene was met wie Jesus later ’n verbond vir ’n Koninkryk gesluit het nie.—Matt. 11:7-12; Luk. 7:27, 28; 22:28-30.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel