-
Toetsing en sifting in ons dagDie Wagtoring – 1987 | Junie 15
-
-
Toetsing en sifting in ons dag
‘Wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn?”—MALEAGI 3:2.
1. Wat het Jehovah gevind toe hy in ons dag na die geestelike tempel gekom het, en watter vraag het dit laat ontstaan?
WAT het Jehovah gevind toe hy as “die ware Heer” kort na die Koninkryk in 1914 in die hemele opgerig is, vergesel van sy “boodskapper van die verbond”, na die geestelike tempel gekom het? Sy volk het loutering en reiniging nodig gehad. Sou hulle hulle hieraan onderwerp en enige nodige reiniging van hulle organisasie, bedrywigheid, leer en gedrag verduur? Soos Maleagi dit gestel het: “Wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn?”—Maleagi 3:1, 2.
-
-
Toetsing en sifting in ons dagDie Wagtoring – 1987 | Junie 15
-
-
3. Wat was die toestand van God se getuies teen die noordelike lente van 1918?
3 Toe Jehovah sy “boodskapper van die verbond” na die geestelike tempel vergesel het, het Hy bevind dat die oorblyfsel loutering en reiniging nodig het. The Watch Tower het byvoorbeeld sy lesers aangespoor om 30 Mei 1918 ’n biddag vir die oorwinning van die demokratiese moondhede te maak, soos versoek deur die Amerikaanse kongres en deur president Wilson. Dit het neergekom op ’n skending van Christelike neutraliteit.—Johannes 17:14, 16.
-