Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Jy moet Jehovah jou God aanbid”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • 1, 2. Hoe het dit gekom dat Jesus in die herfs van 29 HJ in die wildernis van Judea was, en wat het daar met hom gebeur? (Sien prent aan begin van hoofstuk.)

      DIT is vroeg in die herfs van die jaar 29 HJ, en Jesus is in die wildernis van Judea, net noord van die Dooie See. Nadat hy gedoop en gesalf is, het die heilige gees hom na hierdie plek gelei. In hierdie stil, onbewoonde en rotsagtige omgewing kon Jesus 40 dae lank vas, bid en dink. Jehovah het dalk gedurende hierdie tyd met sy Seun gekommunikeer om hom voor te berei vir wat voorlê.

  • “Jy moet Jehovah jou God aanbid”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • 3, 4. (a) Met watter woorde het Satan die eerste twee versoekings ingelei, en waaraan wou hy Jesus dalk laat twyfel? (b) Hoe gebruik Satan vandag dieselfde soort taktieke?

      3 Lees Matteus 4:1-7. Satan het die eerste twee versoekings ingelei met die woorde: “As jy ’n seun van God is”. Het Satan getwyfel dat Jesus God se Seun is? Nee. Daardie dislojale engel het goed geweet dat Jesus God se eersgebore Seun is (Kol. 1:15). Satan het ook geweet dat Jehovah uit die hemel by Jesus se doop gesê het: “Dit is my geliefde Seun, wat ek goedgekeur het” (Matt. 3:17). Miskien wou Satan hê dat Jesus moes twyfel of sy Vader betroubaar is en regtig vir hom omgee. Met die eerste versoeking – om die klippe in brode te verander – het Satan eintlik gesê: ‘Jy is mos God se Seun. So hoekom gee jou Vader nie vir jou kos in hierdie droë wildernis nie?’ Met die tweede versoeking – om van die hoogste punt van die tempel af te spring – het Satan basies gesê: ‘Jy is mos God se Seun. Glo jy regtig dat jou Vader jou sal beskerm?’

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel