-
Sal jy struikel as gevolg van Jesus?Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2021 | Mei
-
-
3 Jesus het geweet dat die meeste mense hom nie as die Messias sou aanvaar nie (Joh. 5:39-44). Hy het vir ’n groep van Johannes die Doper se dissipels gesê: “Gelukkig is die een wat geen rede vind om te struikel as gevolg van my nie” (Matt. 11:2, 3, 6). Hoekom het so baie mense Jesus nie aanvaar nie?
-
-
Sal jy struikel as gevolg van Jesus?Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2021 | Mei
-
-
(1) JESUS SE AGTERGROND
Baie het gestruikel as gevolg van Jesus se agtergrond. Hoe kan dieselfde ding party vandag laat struikel? (Sien paragraaf 5)b
5. Hoekom het party dalk gevoel dat Jesus nie die voorspelde Messias kon wees nie?
5 Baie mense het Jesus nie aanvaar nie as gevolg van waar hy vandaan gekom het. Hulle het erken dat Jesus ’n uitstekende onderrigter is en dat hy wonderwerke gedoen het. Maar in hulle oë was hy maar net die seun van ’n arm timmerman. En hy was van Nasaret, ’n stad wat baie mense gedink het onbelangrik is. Selfs Natanael, wat later een van Jesus se dissipels geword het, het eers gesê: “Kan enigiets goeds uit Nasaret kom?” (Joh. 1:46). Natanael het dalk nie gehou van die stad waar Jesus gebly het nie. Of miskien het hy aan die profesie in Miga 5:2 gedink, wat voorspel het dat die Messias in Betlehem gebore sou word, nie in Nasaret nie.
6. Wat moes mense in Jesus se dag gedoen het om uit te vind of Jesus die Messias was?
6 Wat sê die Bybel? Die profeet Jesaja het voorspel dat Jesus se vyande nie “aandag [sou] skenk aan die besonderhede van [die Messias se] geslag” nie (Jes. 53:8). Baie van hierdie besonderhede was voorspel. As daardie mense die tyd geneem het om al die feite te ondersoek, sou hulle uitgevind het dat Jesus in Betlehem gebore was en dat hy ’n nakomeling van koning Dawid was (Luk. 2:4-7). So Jesus was wel in Betlehem gebore, net soos Miga 5:2 voorspel het. Wat was dan die probleem? Mense het ’n gevolgtrekking gemaak voordat hulle al die feite gehad het. Daarom het hulle Jesus nie aanvaar nie.
-
-
Sal jy struikel as gevolg van Jesus?Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2021 | Mei
-
-
(2) JESUS HET GEWEIER OM INDRUKWEKKENDE TEKENS TE GEE
Baie het gestruikel omdat Jesus geweier het om ’n indrukwekkende teken uit die hemel te gee. Hoe kan dieselfde ding party vandag laat struikel? (Sien paragraaf 9-10)c
9. Wat het gebeur toe Jesus geweier het om ’n teken uit die hemel te gee?
9 Party in Jesus se dag was nie tevrede met sy leringe nie. Hulle wou meer gehad het. Hulle het aangedring dat hy “’n teken uit die hemel” moet gee om te bewys dat hy die Messias is (Matt. 16:1). Miskien wou hulle ’n teken hê as gevolg van wat hulle in Daniël 7:13, 14 gelees het. Maar dit was nog nie Jehovah se tyd om daardie profesie te vervul nie. Jesus se leringe moes vir hulle genoeg gewees het om hulle te oortuig dat hy die Messias is. Maar toe hy weier om vir hulle ’n teken te gee, het hulle gestruikel. – Matt. 16:4.
10. Hoe het Jesus Jesaja se profesie oor die Messias vervul?
10 Wat sê die Bybel? Die profeet Jesaja het die volgende oor die Messias geskryf: “Hy sal nie uitroep of skree nie, en hy sal nie sy stem in die straat laat hoor nie” (Jes. 42:1, 2). Toe Jesus sy bediening uitgevoer het, het hy nie die aandag op homself gevestig nie. Hy het nie indrukwekkende tempels gebou, spesiale godsdienstige klere gedra of daarop aangedring dat mense vir hom spesiale godsdienstitels moet gee nie. Gedurende Jesus se verhoor het hy geweier om koning Herodes te probeer beïndruk deur ’n wonderwerk te doen (Luk. 23:8-11). Jesus het wel gedurende sy bediening ’n paar wonderwerke gedoen, maar wat vir hom die belangrikste was, was om die goeie nuus te verkondig. Hy het vir sy dissipels gesê: “Dit is hoekom ek gekom het.” – Mark. 1:38.
-