-
Sal jy struikel as gevolg van Jesus?Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2021 | Mei
-
-
(3) JESUS HET BAIE VAN DIE JOODSE TRADISIES NIE GEVOLG NIE
Baie het gestruikel omdat Jesus van hulle tradisies nie gevolg het nie. Hoe kan dieselfde ding party vandag laat struikel? (Sien paragraaf 3)d
13. Hoekom het baie mense nie Jesus se boodskap aanvaar nie?
13 In Jesus se dag was baie van Johannes die Doper se dissipels verbaas dat Jesus se dissipels nie gevas het nie. Jesus het verduidelik dat hulle nie enige rede gehad het om te vas terwyl hy nog gelewe het nie (Matt. 9:14-17). Maar ten spyte daarvan het die Fariseërs en ander wat Jesus teëgestaan het, gevoel dat hy verkeerd was omdat hy nie hulle tradisies gevolg het nie. Hulle het kwaad geword toe hy mense op die Sabbat genees het (Mark. 3:1-6; Joh. 9:16). Aan die een kant was hulle trots om te sê dat hulle die Sabbat hou, maar aan die ander kant het hulle geen probleem daarmee gehad om besigheid in die tempel te doen nie. Hulle was woedend toe Jesus vir hulle gesê het dat wat hulle doen, verkeerd is (Matt. 21:12, 13, 15). En die mense vir wie Jesus in die sinagoge in Nasaret gepreek het, het baie kwaad geword toe Jesus voorbeelde uit Israel se geskiedenis gebruik het om te wys dat hulle selfsugtig is en nie geloof het nie (Luk. 4:16, 25-30). Baie mense het gestruikel omdat Jesus dinge gedoen het wat hulle nie verwag het nie. – Matt. 11:16-19.
14. Hoekom het Jesus tradisies veroordeel wat nie met die Skrif ooreengestem het nie?
14 Wat sê die Bybel? Deur middel van die profeet Jesaja, het Jehovah gesê: “Hierdie volk sê dat hulle na aan my is, en hulle eer my met hulle lippe, maar hulle hart is ver van my af. En hulle vrees vir my is gebaseer op gebooie van mense, gebooie wat hulle geleer is” (Jes. 29:13). Jesus was reg toe hy tradisies veroordeel het wat nie met die Skrif ooreengestem het nie. Almal wat mensgemaakte reëls en tradisies gevolg het eerder as om die Skrif te volg, het Jehovah en die een wat hy as die Messias gestuur het, verwerp.
-
-
Sal jy struikel as gevolg van Jesus?Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2021 | Mei
-
-
(4) JESUS HET NIE POLITIEKE PROBLEME OPGELOS NIE
Baie het gestruikel omdat Jesus nie in die politiek belanggestel het nie. Hoe kan dieselfde ding party vandag laat struikel? (Sien paragraaf 17)e
17. Wat het baie mense van die Messias verwag?
17 Party mense in Jesus se dag wou hê dat die politieke situasie moes verander. Hulle het verwag dat die Messias hulle sou bevry van die Romeinse onderdrukkers. Maar toe hulle probeer het om Jesus hulle koning te maak, het hy geweier (Joh. 6:14, 15). Ander, insluitende die priesters, was bang dat Jesus die politieke stelsel sou probeer verander. Hulle was bang dat so ’n politieke verandering die Romeine sou kwaad maak, want die Romeine het vir hulle ’n mate van gesag gegee. So, baie Jode het nie Jesus se boodskap aanvaar nie omdat hulle bekommerd was oor die politieke situasie.
18. Watter Bybelprofesieë oor die Messias het baie mense geïgnoreer?
18 Wat sê die Bybel? Al het baie profesieë voorspel dat die Messias uiteindelik ’n magtige Vegter sou wees, het ander profesieë gewys dat hy eers vir ons sondes sou moes sterf (Jes. 53:9, 12). So hoekom het die Jode verkeerde idees oor die Messias gehad? Baie mense in Jesus se dag het enige profesieë geïgnoreer wat nie belowe het dat die Messias hulle probleme onmiddellik sou oplos nie. – Joh. 6:26, 27.
-