-
“Jy moet Jehovah jou God aanbid”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
3, 4. (a) Met watter woorde het Satan die eerste twee versoekings ingelei, en waaraan wou hy Jesus dalk laat twyfel? (b) Hoe gebruik Satan vandag dieselfde soort taktieke?
3 Lees Matteus 4:1-7. Satan het die eerste twee versoekings ingelei met die woorde: “As jy ’n seun van God is”. Het Satan getwyfel dat Jesus God se Seun is? Nee. Daardie dislojale engel het goed geweet dat Jesus God se eersgebore Seun is (Kol. 1:15). Satan het ook geweet dat Jehovah uit die hemel by Jesus se doop gesê het: “Dit is my geliefde Seun, wat ek goedgekeur het” (Matt. 3:17). Miskien wou Satan hê dat Jesus moes twyfel of sy Vader betroubaar is en regtig vir hom omgee. Met die eerste versoeking – om die klippe in brode te verander – het Satan eintlik gesê: ‘Jy is mos God se Seun. So hoekom gee jou Vader nie vir jou kos in hierdie droë wildernis nie?’ Met die tweede versoeking – om van die hoogste punt van die tempel af te spring – het Satan basies gesê: ‘Jy is mos God se Seun. Glo jy regtig dat jou Vader jou sal beskerm?’
-
-
“Jy moet Jehovah jou God aanbid”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
5. Hoe het Jesus op die eerste twee versoekings gereageer?
5 Dink aan hoe Jesus gereageer het op die eerste twee versoekings. Hy het glad nie getwyfel dat sy Vader lief is vir hom nie, en hy het sy Vader heeltemal vertrou. Jesus het Satan se versoekings onmiddellik verwerp deur aan te haal uit sy Vader se geïnspireerde Woord. Jesus het tekste aangehaal wat God se naam, Jehovah, bevat het (Deut. 6:16; 8:3). Dit was die beste manier waarop God se Seun kon wys dat hy sy Vader vertrou, want daardie unieke naam is ’n waarborg dat Jehovah alles sal doen wat hy belowe het.a
-