Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Kyk! Ek is met julle al die dae”
    Die Wagtoring — 2013 | Julie 15
    • 13. Wat toon Openbaring 18:7 oor die huidige gesindheid van die hoer, of Babilon die Grote, insluitende die Christendom?

      13 Derdens, ’n gehuil en ’n gekners. Wat gebeur nadat die engele die onkruid in bondels gebind het? Met verwysing na die toestand van die onkruidklas sê Jesus: “Dáár sal hulle gehuil en die gekners van hulle tande wees” (Matt. 13:42). Is dit wat nou gebeur? Nee. Vandag sê die Christendom, wat deel van die hoer is, nog steeds oor haarself: “Ek sit as koningin, en ek is geen weduwee nie, en ek sal nooit verdriet sien nie” (Op. 18:7). Ja, die Christendom voel heeltemal in beheer en is selfs vermetel genoeg om ‘as koningin te sit’ bo-op die klas politieke leiers. Dié wat deur die onkruid voorgestel word, huil nie op die oomblik nie—hulle spog. Maar dit gaan binnekort verander.

      Die Christendom se noue omgang met politieke leiers sal binnekort tot ’n einde kom (Sien paragraaf 13)

      14. (a) Wanneer en waarom sal naamchristene ‘op hulle tande kners’? (b) Hoe strook ons aangepaste begrip van Matteus 13:42 met die gedagte in Psalm 112:10? (Sien eindnota.)

      14 Gedurende die groot verdrukking, nadat alle georganiseerde valse godsdiens vernietig is, sal voormalige aanhangers inderhaas skuiling soek, maar hulle sal geen veilige wegkruipplek vind nie (Luk. 23:30; Op. 6:15-17). Dan, wanneer hulle besef dat hulle nie aan die vernietiging kan ontkom nie, sal hulle wanhopig huil en woedend ‘op hulle tande kners’. Soos Jesus in sy profesie oor die groot verdrukking voorspel, sal hulle in daardie donker tyd “hulleself in weeklag slaan”.e—Matt. 24:30; Op. 1:7.

      15. Wat sal met die onkruid gebeur, en wanneer sal daardie gebeurtenis plaasvind?

      15 Vierdens, in die vuuroond gewerp. Wat sal met die bondels onkruid gebeur? Die engele “sal hulle in die vuuroond werp” (Matt. 13:42). Dit beteken algehele vernietiging. Daardie voormalige aanhangers van valse godsdiensorganisasies sal dus gedurende die laaste deel van die groot verdrukking, Armageddon, vernietig word.—Mal. 4:1.

  • “Kyk! Ek is met julle al die dae”
    Die Wagtoring — 2013 | Julie 15
    • e Paragraaf 14: Dit is ’n aanpassing in ons begrip van Matteus 13:42. Ons publikasies het voorheen gesê dat naamchristene al dekades lank ‘huil en op hulle tande kners’ omdat hulle dit betreur dat “die kinders van die koninkryk” hulle aan die kaak stel as “kinders van die bose” (Matt. 13:38). Dit is egter noemenswaardig dat die gekners van tande met vernietiging verbind word.—Ps. 112:10.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel