-
“Kyk! Ek is met julle al die dae”Die Wagtoring — 2013 | Julie 15
-
-
16, 17. (a) Wat is die laaste gebeurtenis wat Jesus in sy illustrasie meld? (b) Waarom maak ons die gevolgtrekking dat hierdie gebeurtenis nog voorlê?
16 Vyfdens, die regverdiges skyn helder. Jesus sluit sy profesie af deur te sê: “In dié tyd sal die regverdiges so helder soos die son skyn in die koninkryk van hulle Vader” (Matt. 13:43). Wanneer en waar sal dit gebeur? Die vervulling van hierdie woorde lê nog voor. Jesus het nie ’n bedrywigheid voorspel wat tans op die aarde plaasvind nie, maar ’n toekomstige gebeurtenis wat in die hemel sal plaasvind.f Beskou twee redes vir hierdie gevolgtrekking.
17 Kom ons beantwoord eers die vraag: Wanneer? Jesus het gesê: “In dié tyd sal die regverdiges . . . skyn.” Die frase “in dié tyd” verwys klaarblyklik na die gebeurtenis wat Jesus so pas gemeld het, naamlik wanneer ‘die onkruid in die vuuroond gewerp word’. Dit vind plaas gedurende die laaste deel van die groot verdrukking. Ons kan dus tot die slotsom kom dat die gesalfdes ook op daardie toekomstige tyd ‘helder sal skyn’. Tweedens, die vraag: Waar? Jesus het gesê dat die regverdiges ‘in die koninkryk sal skyn’. Wat beteken dit? Alle getroue gesalfdes wat ná die eerste deel van die groot verdrukking nog op die aarde is, sal teen daardie tyd reeds finaal verseël wees. Daarna, soos Jesus se profesie oor die groot verdrukking aandui, sal hulle hemel toe geneem word (Matt. 24:31). Daar sal hulle skyn “in die koninkryk van hulle Vader”, en kort ná die oorlog van Armageddon sal hulle as Jesus se vreugdevolle bruid deel hê aan “die huwelik van die Lam”.—Op. 19:6-9.
-
-
“Kyk! Ek is met julle al die dae”Die Wagtoring — 2013 | Julie 15
-
-
f Paragraaf 16: Daniël 12:3 sê: “Dié wat insig het [gesalfde Christene], sal skyn soos die glans van die uitspansel.” Terwyl hulle nog op die aarde is, doen hulle dit deur aan die predikingswerk deel te neem. Maar Matteus 13:43 dui op die tyd wanneer hulle in die hemelse Koninkryk helder sal skyn. Ons het voorheen gedink dat albei tekste na dieselfde bedrywigheid—die predikingswerk—verwys.
-