-
Jy weet nie waar dit sukses sal behaal nie!Die Wagtoring — 2008 | Julie 15
-
-
Die sleepnet
15, 16. (a) Som die illustrasie van die sleepnet op. (b) Wat stel die sleepnet voor, en op watter aspek van Koninkryksgroei sinspeel hierdie illustrasie?
15 Belangriker as die getal van dié wat sê dat hulle dissipels van Jesus Christus is, is die gehalte van hierdie dissipels. Jesus sinspeel op hierdie aspek van Koninkryksgroei wanneer hy nog ’n illustrasie gee, een oor ’n sleepnet. Hy het gesê: “Die koninkryk van die hemele is ook soos ’n sleepnet wat in die see laat sak word en allerhande soorte vis bymekaarbring.”—Matt. 13:47.
16 Die sleepnet, wat die Koninkrykspredikingswerk voorstel, bring allerhande soorte vis bymekaar. Jesus sê verder: “Toe [die sleepnet] vol geword het, het hulle dit op die strand uitgesleep, en hulle het gaan sit en die goeies in houers bymekaargemaak, maar dié wat nie geskik was nie, het hulle weggegooi. Só sal dit in die voleinding van die stelsel van dinge wees: die engele sal uitgaan en die goddeloses onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond werp. Dáár sal hulle gehuil en die gekners van hulle tande wees.”—Matt. 13:48-50.
17. Na watter tydperk verwys die skeiding wat in die illustrasie van die sleepnet genoem word?
17 Verwys hierdie skeiding na die finale oordeel van die skape en die bokke wat Jesus gesê het sal plaasvind wanneer hy in sy heerlikheid kom? (Matt. 25:31-33). Nee. Die finale oordeel sal plaasvind met Jesus se koms gedurende die groot verdrukking. Maar die skeiding wat in die illustrasie van die sleepnet genoem word, vind gedurende “die voleinding van die stelsel van dinge” plaas.b Dit is die tyd waarin ons nou lewe—die dae wat die groot verdrukking voorafgaan. Hoe vind daar dan nou ’n skeidingswerk plaas?
18, 19. (a) Hoe vind ’n skeidingswerk nou plaas? (b) Watter stap moet opregtes van hart doen? (Sien ook die voetnoot op bladsy 21.)
18 Letterlik miljoene simboliese visse uit die see van die mensdom is in ons tyd tot Jehovah se gemeente aangetrek. Party woon die Gedenkmaal by, ander kom na ons vergaderinge toe en nog ander is bly om die Bybel te studeer. Maar is hulle almal ware Christene? Hulle word dalk “op die strand uitgesleep”, maar Jesus sê vir ons dat net “die goeies” versamel word in houers, wat Christengemeentes voorstel. Dié wat nie geskik is nie, word weggegooi en sal uiteindelik in ’n simboliese vuuroond gewerp word, wat op toekomstige vernietiging dui.
19 Soos in die geval van die visse wat nie geskik is nie, het baie wat die Bybel voorheen saam met Jehovah se volk gestudeer het, opgehou studeer. Party kinders van Christenouers wou nooit werklik voetstapnavolgers van Jesus word nie. Hulle was nie bereid om die besluit te neem om Jehovah te dien nie of het opgehou om hom te dien nadat hulle dit ’n ruk lank gedoen het (Eseg. 33:32, 33).c Dit is egter noodsaaklik dat alle opregtes van hart hulle voor die finale oordeelsdag in die houeragtige gemeentes laat versamel en dat hulle in ’n plek van veiligheid bly.
-
-
Jy weet nie waar dit sukses sal behaal nie!Die Wagtoring — 2008 | Julie 15
-
-
20, 21. (a) Wat het ons geleer uit die hersiening van Jesus se illustrasies oor groei? (b) Wat is jy vasbeslote om te doen?
20 Wat het ons dus geleer uit ons kort hersiening van Jesus se illustrasies oor groei? Eerstens, net soos met die groei van die mosterdsaadjie was daar ontsaglike groei in die Koninkryksbelange hier op die aarde. Niks kan die uitbreiding van Jehovah se werk stopsit nie! (Jes. 54:17). Daarbenewens word geestelike beskerming voorsien aan dié wat “onder [die boom se] skaduwee blyplek” soek. Tweedens, dit is God wat dit laat groei. Net soos die verborge suurdeeg deur die hele massa versprei het, kan hierdie groei nie altyd maklik gesien of verstaan word nie, maar dit vind wel plaas! Derdens, nie almal wat gunstig gereageer het, het getoon dat hulle geskik is nie. Party was soos die visse in Jesus se illustrasie wat nie geskik was nie.
-
-
Jy weet nie waar dit sukses sal behaal nie!Die Wagtoring — 2008 | Julie 15
-
-
b Hoewel Matteus 13:39-43 na ’n ander aspek van die Koninkrykspredikingswerk verwys, word dit gedurende dieselfde tyd vervul as die illustrasie van die sleepnet, naamlik gedurende “die voleinding van die stelsel van dinge”. Die skeiding van die simboliese visse is ’n voortdurende proses, net soos die saai- en oeswerk regdeur hierdie tydperk voortduur.—Die Wagtoring, 15 Oktober 2000, bladsye 25-26; Aanbid die enigste ware God, bladsye 178-181, paragrawe 8-11.
-