-
Kweek redelikheid aanDie Wagtoring – 1994 | Augustus 1
-
-
Buigsaamheid wanneer omstandighede verander
6. Hoe het Jesus redelikheid geopenbaar in sy optrede teenoor die nie-Joodse vrou wie se dogter van ’n demoon besete was?
6 Wanneer nuwe situasies ontstaan het, het Jesus, soos Jehovah, gou van optrede verander of hom daarby aangepas. By een geleentheid het ’n nie-Joodse vrou hom gesmeek om haar dogter wat erg van ’n demoon besete was gesond te maak. Jesus het aanvanklik op drie verskillende maniere getoon dat hy haar nie gaan help nie—eerstens, deur haar nie te antwoord nie; tweedens, deur reguit te sê dat hy nie na die nie-Jode nie, maar na die Jode gestuur is en derdens, deur ’n gelykenis te vertel waarin hy vriendelik dieselfde punt gestel het. Maar die vrou het deur dit alles heen volhard en só getoon dat sy buitengewone geloof het. In die lig van hierdie buitengewone situasie kon Jesus sien dat dit nie die tyd was om ’n algemene reël toe te pas nie; dit was ’n tyd om buigsaam te wees ter wille van hoër beginsels.a Jesus het toe presies gedoen wat hy drie keer aangedui het hy nie sou doen nie. Hy het die vrou se dogter gesond gemaak!—Mattheüs 15:21-28.
-
-
Kweek redelikheid aanDie Wagtoring – 1994 | Augustus 1
-
-
[Prent op bladsy 16]
Toe ’n vrou buitengewone geloof geopenbaar het, het Jesus besef dat dit nie die tyd was om ’n algemene reël toe te pas nie
-