-
Die Christelike godsdiens—Was Jesus die weg na God?Die mensdom se soeke na God
-
-
26. Watter merkwaardige gebeurtenis het in die teenwoordigheid van die dissipels Petrus, Jakobus en Johannes plaasgevind?
26 Hoe weet ons dat Jesus deur God goedgekeur is? Vir eers is ’n stem uit die hemel gehoor toe Jesus gedoop is. Dit het gesê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het [“wat ek goedgekeur het”, NW]” (Mattheüs 3:17). Later het ander getuies gehoor hoe hierdie goedkeuring bevestig word. Die dissipels Petrus, Jakobus en Johannes, wat vroeër vissers in Galilea was, het Jesus na ’n hoë berg vergesel (waarskynlik die berg Hermon, wat 2 814 meter hoog is). Daar het iets merkwaardigs voor hulle oë plaasgevind: “En [Jesus] het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elia in gesprek met Hom . . . ’n helderligte wolk [oordek] hulle meteens en daar sê ’n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het [“wat ek goedgekeur het”, NW]. Luister na Hom! En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees.”—Mattheüs 17:1-6; Lukas 9:28-36.
-
-
Die Christelike godsdiens—Was Jesus die weg na God?Die mensdom se soeke na God
-
-
f “Moses” en “Elia” in die gesig het die Wet en die Profete gesimboliseer wat in Jesus vervul is. Sien Insight on the Scriptures, 1988, Deel 2, bladsye 1120-1, vir ’n uitvoeriger verduideliking van die gedaantewisseling.
-