Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat vra Jehovah vandag van ons?
    Die Wagtoring – 1999 | September 15
    • 3, 4. (a) Wat vra Jehovah basies van ons vandag? (b) Waarom moet ons Jesus se voetstappe noukeurig volg?

      3 Gedurende die laaste jaar van Jesus se bediening het sy apostels Petrus, Jakobus en Johannes hom na ’n hoë berg vergesel, waarskynlik ’n uitloper van die berg Hermon. Daar het hulle ’n profetiese visioen van Jesus in luisterryke heerlikheid gesien en gehoor hoe God se eie stem verklaar: “Dit is my Seun, die geliefde, wat ek goedgekeur het; luister na hom” (Matteus 17:1-5). Dít is basies wat Jehovah van ons vra—om na sy Seun te luister en sy voorbeeld en leringe te volg (Matteus 16:24). Daarom het die apostel Petrus geskryf: “Christus [het] vir julle gely . . . en vir julle ’n voorbeeld gelaat . . . sodat julle sy voetstappe noukeurig kan volg.”—1 Petrus 2:21.

  • Wat vra Jehovah vandag van ons?
    Die Wagtoring – 1999 | September 15
    • 5. Onder watter wet is Christene, en wanneer het daardie wet van krag geword?

      5 Wat behels dit om na Jesus te luister en hom na te volg? Beteken dit dat ons onder ’n wet moet wees? Paulus het geskryf: “Ek [is] self nie onder die wet . . . nie.” Hy het hier na “die ou verbond” verwys, die Wetsverbond wat met Israel gesluit is. Paulus het wel erken dat hy “onder die wet ten opsigte van Christus” was (1 Korintiërs 9:20, 21; 2 Korintiërs 3:14). Toe die ou Wetsverbond tot ’n einde gekom het, het ’n “nuwe verbond” van krag geword en daarmee saam die “wet van die Christus” wat alle hedendaagse knegte van Jehovah verplig is om te gehoorsaam.—Lukas 22:20; Galasiërs 6:2; Hebreërs 8:7-13.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel