-
Geloof kan berge versit!Die Wagtoring – 1987 | Julie 15
-
-
Jesus het verduidelik waarom en gesê: “Deur julle [kleingelowigheid]; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”—Mattheüs 17:14-20, vgl. NW.
-
-
Geloof kan berge versit!Die Wagtoring – 1987 | Julie 15
-
-
Geloof kan berge versit!
Maar iemand vra dalk: ‘Het Jesus bedoel dat sulke geloof letterlik berge kan versit?’ Jesus kon dit ingesluit het, maar hy het dikwels illustrasies gebruik (Mattheüs 13:34). Hy het dus waarskynlik hindernisse wat vir die gelowige soos berge kan wees in gedagte gehad. Trouens, die woord “berg” word dikwels gebruik om ’n groot hoeveelheid te beteken, soos “’n berg skuld”. Talle hedendaagse ondervindinge bevestig die feit dat ware geloof bergagtige hindernisse kan versit of verwyder.
Sou jy byvoorbeeld nie saamstem dat om van jou nek af verlam te wees so ’n berg is nie? En tog het ’n kwadrupleeg wat in Vancouver, B.C., Kanada, woon, nie net geleer om met ’n kwas of ’n paletmes wat hy met sy mond vashou te skilder nie, maar hy onderhou hom ook deur sy skilderye te verkoop. Daarbewens beweeg sy geloof hom om met ander te praat oor wat hy uit die Bybel geleer het, en hy doen dit vanuit sy rolstoel of deur briewe te skryf. Hy tik sy briewe deur die tikmasjientoetse te druk met ’n stok wat hy met sy mond vashou. Hy woon ook Christenvergaderinge gereeld by en hou toesprake in die Teokratiese Bedieningskool wat deur Jehovah se Getuies gehou word. Sy voorbeeld van geloof, tesame met harde werk en vasbeslotenheid, is ’n bron van aanmoediging vir dié om hom.
Geloof in God se Woord en sy beloftes het ander insgelyks gehelp. Dit het talle byvoorbeeld gehelp om onchristelike gebruike en gewoontes, soos oneerlike sakegebruike, diefstal, die rookgewoonte, dobbel, dronkenskap, spiritisme, geslagsonsedelikheid en valse godsdiensgebruike, te bowe te kom. Die gemeenskaplike faktor in al hierdie ondervindinge was die verkryging van oortuigende bewys dat Jehovah God bestaan, dat die Bybel sy geskrewe Woord is en dat sy beloftes wat in die Skrif uiteengesit is betroubaar is en vervul sal word. Sulke geloof kan berge versit.
-