-
“Betaal belasting as jy belasting verskuldig is”Die Wagtoring – 1994 | November 15
-
-
Wees onberispelik. Christen- ouere manne moet “onberispelik” wees om vir hulle amp te kan kwalifiseer. Net so moet die hele gemeente onberispelik voor God wees. (1 Timotheüs 3:2; vergelyk Efesiërs 5:27.) Hulle strewe dus daarna om ’n goeie reputasie in die gemeenskap te behou, selfs met die betaling van belasting. Jesus Christus het self die voorbeeld in hierdie verband gestel. Sy dissipel Petrus is gevra of Jesus die tempelbelasting betaal, ’n geringe saak van twee dragmas. Eintlik was Jesus nie onderhewig aan hierdie belasting nie, aangesien die tempel sy Vader se huis was en geen koning sy eie seun belas nie. Jesus het dit in soveel woorde gesê; tog het hy daardie belasting betaal. Om die waarheid te sê, hy het selfs ’n wonderwerk gebruik om die nodige geld te voorsien! Waarom belasting betaal waaraan hy tereg nie onderhewig was nie? Soos Jesus self gesê het, was dit sodat “ons hulle geen aanstoot mag gee nie”.—Mattheüs 17:24-27.b
-
-
“Betaal belasting as jy belasting verskuldig is”Die Wagtoring – 1994 | November 15
-
-
b Interessant genoeg, Mattheüs se Evangelie is die enigste wat hierdie voorval in Jesus se aardse lewe opgeteken het. Mattheüs, wat ’n voormalige belastinggaarder was, moes ongetwyfeld beïndruk gewees het deur Jesus se gesindheid in hierdie aangeleentheid.
-