Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Bewaar die vrede en reinheid van die gemeente
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
    • 14 Jesus het spesifieke stappe uiteengesit om ernstige probleme tussen mede-Christene op te los. Kyk na die stappe wat hy genoem het: “As jou broer ’n sonde pleeg, [1] gaan praat alleen met hom en sê vir hom wat hy verkeerd gedoen het. As hy na jou luister, het jy jou broer gewen. Maar as hy nie luister nie, [2] neem nog een of twee saam met jou, sodat elke saak deur twee of drie getuies bevestig kan word. As hy nie na hulle luister nie, [3] praat met die gemeente. As hy nie eens na die gemeente luister nie, laat hom vir jou net soos ’n man van die nasies en soos ’n belastinggaarder wees.” – Matt. 18:15-17.

  • Bewaar die vrede en reinheid van die gemeente
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
    • 18 As jy nie jou broer kan wen deur ‘alleen met hom te praat’ en vir hom te sê wat hy verkeerd gedoen het nie, kan jy doen wat Jesus gesê het: “Neem nog een of twee saam met jou” en praat weer met jou broer. Diegene wat jy saam met jou neem, moet ook die doelwit hê om jou broer te wen. Hulle moet verkieslik getuies van die beweerde oortreding wees, maar as daar geen ooggetuies is nie, kan jy een of twee ander persone vra om getuies van die bespreking te wees. Hulle het miskien ondervinding met hierdie soort sake en sal moontlik kan vasstel of wat plaasgevind het, werklik ’n oortreding was. Ouermanne wat as getuies gekies word, verteenwoordig nie die gemeente nie, aangesien die liggaam van ouermanne hulle nie spesifiek toegewys het om dit te doen nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel