-
Jy kan jou broer wenDie Wagtoring – 1999 | Oktober 15
-
-
Kry hulp van ervare persone
12, 13. (a) Watter tweede stap het Jesus uiteengesit wanneer dit kom by die hantering van foute? (b) Watter gepaste riglyne moet ons in gedagte hou wanneer ons hierdie stap toepas?
12 Sou jy wou hê dat ander gou hoop moet opgee met jou as jy skuldig is aan ’n ernstige oortreding? Beslis nie. Daarom het Jesus getoon dat jy nie ná die eerste stap moet tou opgooi om jou broer te wen en om hom met jou en ander verenig te laat bly om God op aanneemlike wyse te aanbid nie. Jesus het ’n tweede stap uiteengesit: “As hy nie luister nie, neem nog een of twee saam met jou, sodat elke saak uit die mond van twee of drie getuies bevestig kan word.”
13 Hy het gesê dat jy “nog een of twee” moet saamneem. Hy het nie gesê dat jy ná die eerste stap die probleem openlik met baie ander persone kan bespreek, ’n reisende opsiener kan raadpleeg of aan broers kan skryf oor die probleem nie. Al is jy ook hoe seker van die oortreding, is dit in werklikheid nog nie ten volle bevestig nie. Jy sal nie negatiewe inligting wil versprei wat op die ou end as laster beskou kan word nie (Spreuke 16:28, NW; 18:8, NW). Maar Jesus het wel gesê dat jy een of twee ander persone kan saamneem. Waarom? En wie kan jy saamneem?
14. Wie kan ons saamneem vir die tweede stap?
14 Jy probeer jou broer wen deur hom daarvan te oortuig dat ’n sonde gepleeg is en hom te beweeg om berou te toon sodat hy vrede met jou en met God kan geniet. Daarom sal dit ideaal wees as die “een of twee” wat jy saamneem getuies van die oortreding was. Dalk was hulle by toe dit plaasgevind het, of hulle het juiste inligting van wat in ’n sakeaangeleentheid gedoen is (of nie gedoen is nie). As sulke getuies nie beskikbaar is nie, kan jy mense neem wat ondervinding in hierdie soort sake het en gevolglik kan vasstel of wat gebeur het werklik ’n oortreding was. Daarbenewens kan hulle, as dit dalk later nodig is, as getuies dien van wat gesê is en die feite wat gemeld is en die pogings wat aangewend is, bevestig (Numeri 35:30; Deuteronomium 17:6). Hulle is dus nie net neutrale partye of skeidsregters nie, maar hulle is teenwoordig om jou broer en hulle broer te help wen.
15. Waarom sal Christen- ouer manne dalk van hulp wees as ons die tweede stap moet neem?
15 Jy hoef nie te dink dat diegene wat jy saamneem ouer manne in die gemeente moet wees nie. Maar ryp manne wat ouer manne is, kan weens hulle geestelike kwalifikasies van hulp wees. Sulke ouer manne is “soos ’n toevlug teen die wind en ’n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in ’n dor streek, soos die skaduwee van ’n swaar rots in ’n land wat versmag” (Jesaja 32:1, 2). Hulle het die ervaring om met broers en susters te redeneer en hulle reg te help. En die oortreder kan tereg vertroue in sulke “gawes in die vorm van mense” hê (Efesiërs 4:8, 11, 12).c Deur die saak in die teenwoordigheid van sulke geestelike ryp manne te bespreek en saam met hulle te bid, kan dit ’n vars atmosfeer skep en wat onoplosbaar gelyk het, oplos.—Vergelyk Jakobus 5:14, 15.
-
-
Jy kan jou broer wenDie Wagtoring – 1999 | Oktober 15
-
-
c ’n Bybelgeleerde het gesê: “Dit gebeur soms dat ’n oortreder meer ag sal slaan op twee of drie persone (veral as hulle mense is wat eerbiedwaardig is) as op een, veral as dit iemand is met wie hy ’n meningsverskil gehad het.”
-