-
Jy kan jou broer wenDie Wagtoring – 1999 | Oktober 15
-
-
5, 6. Na watter soort sondes het Matteus 18:15 volgens die konteks verwys, en hoe word dit aangedui?
5 Jesus se raad hou streng gesproke verband met ernstiger sake. Jesus het gesê: “As jou broer ’n sonde pleeg.” In die breër betekenis van die woord kan “’n sonde” enige fout of tekortkoming wees (Job 2:10; Spreuke 21:4; Jakobus 4:17). Maar die konteks dui aan dat die sonde wat Jesus in gedagte gehad het iets ernstigs moes gewees het. Dit was ernstig genoeg om daartoe te lei dat die oortreder “soos ’n man van die nasies en soos ’n belastinggaarder” beskou kon word. Wat impliseer daardie frase?
6 Jesus se dissipels wat na daardie woorde geluister het, het geweet dat hulle landgenote nie met heidene sou assosieer nie (Johannes 4:9; 18:28; Handelinge 10:28). En hulle het beslis belastinggaarders vermy, manne wat Jode van geboorte was maar later die volk begin uitbuit het. Matteus 18:15-17 het dus streng gesproke na ernstige sondes verwys, nie na gevalle waar iemand aanstoot gegee is of na gekwetste gevoelens wat ’n mens net kan vergewe en vergeet nie.—Matteus 18:21, 22.a
-
-
Jy kan jou broer wenDie Wagtoring – 1999 | Oktober 15
-
-
a McClintock en Strong se Cyclopedia sê: “Die belastinggaarders van die Nuwe Test[ament] is beskou as verraaiers en afvalliges, verontreinig deur hulle gereelde omgang met die heidene en gewillige werktuie van die onderdrukker. Hulle is as sondaars geklassifiseer . . . Afgesonder omdat ordentlike mense niks met hulle te doen wou hê nie, kon hulle slegs vriende of metgeselle vind onder diegene wat, soos hulle, uitgeworpenes was.”
-