Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe ruim jy geskille uit die weg?
    Die Wagtoring – 1994 | Julie 15
    • “En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.”—Mattheüs 18:15-17.

  • Hoe ruim jy geskille uit die weg?
    Die Wagtoring – 1994 | Julie 15
    • As die saak nie uitgestryk kon word nie, moes dit na die gemeente geneem word. Dit het aanvanklik die ouere manne van die Jode, maar later die ouere manne van die Christengemeente beteken. Die onberouvolle oortreder moet dalk uit die gemeente gesit word. Dit is wat dit beteken om hom te beskou “soos die heiden en die tollenaar”, mense wat deur die Jode op ’n afstand gehou is. Hierdie ernstige stap kon nie deur enige Christen as sodanig gedoen word nie. Die aangestelde ouere manne, wat die gemeente verteenwoordig, is die enigstes wat die gesag het om so iets te doen.—Vergelyk 1 Korinthiërs 5:13.

      Die moontlikheid dat ’n onberouvolle oortreder uitgesit kan word, toon dat Mattheüs 18:15-17 nie op geringe verskille betrekking het nie. Jesus het van ernstige oortredings gepraat, maar wat van so ’n aard is dat dit wel deur net die twee betrokke persone geskik kan word. Byvoorbeeld, die oortreding is moontlik laster, wat die slagoffer se reputasie ernstig skaad. Of dit kan met geldelike sake verband hou, want van die volgende verse bevat Jesus se gelykenis van die onbarmhartige dienskneg wat groot skuld kwytgeskeld is (Mattheüs 18:23-35). ’n Lening wat nie binne die toegewese tyd terugbetaal is nie, is moontlik net ’n tydelike probleem wat maklik tussen die twee individue opgelos kan word. Maar dit kan ’n ernstige sonde word, naamlik diefstal, as die lener hardnekkig weier om terug te betaal wat hy skuld.

      Ander sondes kan nie net tussen twee Christene uitgestryk word nie. Onder die Mosaïese Wet moes ernstige sondes gerapporteer word (Levitikus 5:1; Spreuke 29:24). Ernstige sondes waarby die reinheid van die gemeente betrokke is, moet eweneens aan Christen- ouere manne gerapporteer word.

      Die meeste gevalle van wrywing tussen Christene val egter nie onder hierdie prosedure nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel