Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Hou aan om mekaar vryelik te vergewe’
    Die Wagtoring – 1997 | Desember 1
    • 1. (a) Waarom het Petrus moontlik gedink dat hy grootmoedig was toe hy voorgestel het dat ons ander “tot sewe keer” vergewe? (b) Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het dat ons “tot sewe-en-sewentig keer” moet vergewe?

      “HERE, hoeveel keer kan my broer teen my sondig en moet ek hom vergewe? Tot sewe keer?” (Matteus 18:21). Petrus het moontlik gedink dat hy baie grootmoedig was met sy voorstel. Volgens die rabbynse tradisies van destyds moes ’n mens nie meer as drie keer vergifnis skenk vir dieselfde oortreding nie.a Stel jou dus Petrus se verbasing voor toe Jesus geantwoord het: “Ek sê vir jou: Nie ‘tot sewe keer’ nie, maar ‘tot sewe-en-sewentig keer’”! (Matteus 18:22). Die herhaling van sewe was dieselfde as om te sê “onbepaald”. Volgens Jesus se beskouing is daar feitlik geen perke aan die aantal kere dat ’n Christen ander moet vergewe nie.

  • ‘Hou aan om mekaar vryelik te vergewe’
    Die Wagtoring – 1997 | Desember 1
    • a Volgens die Babiloniese Talmoed het een rabbynse tradisie gelui: “As ’n man ’n oortreding begaan, word hy die eerste, tweede en derde keer vergewe; die vierde keer word hy nie vergewe nie” (Joma 86b). Dit was deels gebaseer op ’n wanbegrip van tekste soos Amos 1:3; 2:6 en Job 33:29.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel